EER­STE RUIMTEMAN

Joe­ri Ga­ga­rin was die eer­ste mens in die ruimte

Huisgenoot Reis na die Ruimte - - Met Die Maan Gepla -

POYEKHALI! Weg is ons! Met hier­die nou be­roem­de woor­de het die ruim­te­vaar­der Joe­ri Ga­ga­rin die lug in ’n Wos­tok-kap­su­le in­ge­skiet en die eer­ste mens ooit in die ruimte ge­word – en som­mer om die Aar­de ook ge­wen­tel, iets wat A­me­ri­ka eers veel la­ter sou reg­kry.

Joe­ri was die kalm­te van­self, maar op Aar­de was die Wos­tok-ont­wer­per Ser­gei Korol­jof so ge­span­ne dat hy ’n kal­meer­pil­le­tjie moes drink. Dit was ’n ui­ters ge­vaar­li­ke sen­ding – so ge­vaar­lik dat Joe­ri ’n brief vir sy vrou, Wa­len­ti­na, ag­ter­ge­laat het waar­in hy ge­sê het dis on­waar­skyn­lik dat hy ooit sou te­rug­keer.

Sy het dié brief nooit ge­kry nie, want ge­luk­kig was die sen­ding ’n reu­se suk­ses en Joe­ri was oor­nag be­roemd. Ag­ter­na het hy ’n wê­reld­toer on­der­neem en selfs saam met ko­nin­gin E­li­za­beth ge­ëet.

“Ek sien die Aar­de – dis so lief­lik,” het Joe­ri oor die ra­dio laat hoor ter­wyl hy bo Si­be­rië en Ja­pan ge­vlieg het. Hon­derd-en-agt mi­nu­te la­ter was die om­wen­te­ling vol­tooi, die kap­su­le het be­gin daal en 7 km bo die Aar­de het Joe­ri uit­ge­skiet en met ’n val­skerm ge­land ter­wyl die kap­su­le grond toe ge­val het.

Joe­ri, ’n lug­mag­vlie­ë­nier, was be­kend vir sy on­ge­loof­li­ke kon­sen­tra­sie­ver­moë. Dit en sy vin­ni­ge re­ak­sies was die twee ei­en­skap­pe wat daar­voor ge­sorg het dat hy vir dié baan­bre­kers­vlug ge­kies is. Sy kort sta­tuur het ook ge­help – met 1,57 m was hy een van min wat in die piep­klein Wos­tok kon pas.

Hy was ook be­skeie en ’n bril­jan­te wis­kun­di­ge – met ’n glim­lag wat die Koue Oor­log kon warm maak, het Ser­gei, des­tyds die Sow­jet­u­nie se hoof­ruim­te-in­ge­ni­eur, ge­sê.

A­me­ri­ka het die Sow­jet­u­nie ge­luk­ge­wens met hul ge­skied­kun­di­ge myl­paal, maar stil­le­tjies was hul­le vies om­dat die Rus­se dit eer­ste reg­ge­kry het om ’n mens in die ruimte te plaas. Hul­le was ook be­kom­merd dat die Sow­jet­u­nie nou kern­wa­pens van daar bo af op A­me­ri­ka kon laat val.

Joe­ri het nooit weer na die ruimte te­rug­ge­keer nie – die o­wer­he­de het be­sluit hy is vir hul­le te waar­de­vol om aan dié ge­vaar bloot­ge­stel te word. Iro­nies ge­noeg is hy op 27 Maart 1967 dood in ’n roe­ti­ne­vlug toe sy MiG-15veg­vlieg­tuig neer­ge­stort het. Hy was net 34 jaar oud.

Toe die A­me­ri­ka­ners Neil Arm­strong en Buzz Al­drin in 1969 die eer­ste men­se word wat op die maan land, het hul­le ’n sak met me­dal­jes daar ge­los – en een van die me­dal­jes was spe­si­fiek ter ere van Joe­ri Ga­ga­rin, ruim­te­pi­o­nier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.