Grond­boon­tjie­bot­ter­soen­tjies

Maak heer­li­ke grond­boon­koe­kies nog lek­ker­der deur hul­le met kon­fyt aan me­kaar vas te plak.

Huisgenoot Soetgoed - - INHOUD -

30-40 soen­tjies Be­rei­ding 10 mi­nu­te Ver­koel­tyd 30 mi­nu­te Bak­tyd 8-10 mi­nu­te per bak­sel

125 ml (½ k) bot­ter, sag ge­maak

125 ml (½ k) grow­we grondboontjiebotter

250 ml (1 k) bruin­sui­ker 1 groot ei­er

5 ml (1 t) va­niel­je­geur­sel 250 ml (1 k) koek­meel

2 ml (½ t) koek­so­da

2 ml (½ t) sout

1 ml (¼ t) bak­poei­er

250 ml (1 k) All-bran­vlok­kies, fyn ge­druk

1 fles (450 g) swart­bes­sie­kon­fyt

Voor­ver­hit die oond tot 160 °C. Be­dek ’n bak­plaat met bak­pa­pier.

1 K­lits die bot­ter en grondboontjiebotter in ’n bak met ’n e­lek­trie­se men­ger tot ’n glad­de meng­sel vorm. K­lits die sui­ker by tot ge­meng. Klop die ei­er en va­niel­je by.

2 Sif die meel, koek­so­da, sout en bak­poei­er in ’n bak­kie. K­lits die meel­meng­sel met die men­ger op ’n lae spoed by die bot­ter­meng­sel tot net ge­meng. Roer die vlok­kies by. Be­dek met kleef­plas­tiek. Ver­koel 30 mi­nu­te.

3 S­kep met ’n maat­le­pel van 15 ml (1 e) bal­le­tjies 2-3 cm weg van me­kaar op die bak­plaat. Druk die bal­le­tjies ef­fens plat. Bak 8-10 mi­nu­te. Laat ’n paar mi­nu­te af­koel en plaas op ’n af­koel­rak.

4 Wag tot die koekies heel­te­mal af­ge­koel het, s­meer die kon­fyt op die een helf­te en plak die an­der helf­te bo-op.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.