Hert­zog­gies

Chris­ta A­ren­dorff van Kraai­fon­tein in Kaap­stad het die re­sep vir hier­die ge­wil­de klap­per­ter­tjies by haar ma ge­kry, wat dit weer by háár ma ge­kry het.

Huisgenoot Soetgoed - - INHOUD -

24-28 koekies Be­rei­ding 30 mi­nu­te Ver­koel­tyd 20 mi­nu­te Bak­tyd 15 mi­nu­te + 8-10 mi­nu­te

KORS

375 ml (1½ k) koek­meel 5 ml (1 t) bak­poei­er

100 ml strooi­sui­ker knip­pie sout

125 ml (½ k) koue bot­ter 2 ei­ers, ge­skei

5 ml (1 t) va­niel­je-ek­strak 60 ml (¼ k) melk

VULSEL

2 ei­er­wit­te

80 ml (¹⁄³ k) strooi­sui­ker 250 ml (1 k) droë klap­per 1 blik (225 g) glad­de

ap­pel­koos­kon­fyt

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C en be­spuit ’n kol­wyn­tjie­pan met kos­sproei.

1 Kors Sif die meel, bak­poei­er, strooi­sui­ker en sout in ’n meng­bak. Ras­per die bot­ter by en vryf die meng­sel lig­gies saam tot dit soos brood­krum­mels lyk.

2 K­lits die 2 ei­er­ge­le, va­niel­je en melk saam, giet dit by die meel­meng­sel en sny dit met ’n bot­ter­mes in. K­nie lig­gies, vorm in ’n bal, draai in kleef­plas­tiek toe en ver­koel dit 20 mi­nu­te in die ys­kas.

3 Rol die deeg 3­4 mm dik op ’n op­per­vlak uit wat lig­gies met meel be­strooi is. Druk met ’n ron­de koe­kie­sny­er sir­kels uit wat ef­fens gro­ter as kol­wyn­tjie­hol­tes is. Plaas die deeg­sir­kels in die kol­wyn­tjie­pan en bak 15 mi­nu­te blind (met droë bo­ne in).

4 Vulsel K­lits die 2 ei­er­wit­te tot sty­we pun­te vorm. Voeg die sui­ker ge­lei­de­lik by ter­wyl jy k­lits tot die ei­er­wit­te styf en glan­send is. Vou die klap­per in.

5 Vul die deeg met ’n tee­le­pel kon­fyt. S­kep die ei­er­wit­meng­sel bo­op en be­dek die kon­fyt heel­te­mal. Bak 8­10 mi­nu­te tot die me­rin­gue goud­bruin is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.