SPROKIE OP DIE SAND

Huisgenoot Trou - - Inhoud -

Ge­nie en Eugene haak langs die bran­ders af

EG­PAAR: Ge­nie van Wyk & Eugene Du­ve­na­ge TROUPLEK: The S­pa­ce, Ca­pe St. Fran­cis-oord, Kaap St. Fran­cis BE­GRO­TING: Nie be­skik­baar nie GAS­TE: 96 GE­NIE (27), ’n gra­fie­se ontwerper, en Eugene (26), ’n me­die­se ver­teen­woor­di­ger, het me­kaar as s­tu­den­te ont­moet ter­wyl al­bei aan die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit op Pot­chef­stroom stu­deer het. Ses jaar la­ter het Eugene op sy knie ge­gaan en haar die ja­woord ge­vra.

Hul­le was ’n jaar lank ver­loof. In dié tyd het hul­le saam oor hul groot dag ge­droom en by­na al die de­kor self ge­maak. “As jy jou ge­noeg tyd gun en goed be­plan, kan jy dit doen,” is Ge­nie se raad.

Uit­ein­de­lik was al­les ge­reed en het hul­le kaal­voet op die strand by die Kaap St. Fran­cis­oord ge­trou.

“Dit was ’n mis­ti­ge dag, maar die oom­blik toe ons voor die preek­stoel staan, het die weer op­ge­klaar en was die dag vol­maak,” ver­tel Ge­nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.