IN MET DIE NU­WE

Wat is in die mo dee n wat i ss óv er­le­de jaar? Kun­di­ges deel die nuut­ste trou­gie­re

Huisgenoot Trou - - Inhoud -

Al die be­lang­ri­ke trou­gie­re vir 2016 en 2017

GOUD en al­les wat glin­ster, bloos­pienk trourokke, groen rui­kers, ju­weel­kleu­ri­ge af­ron­dings en lang fees­ta­fels is in. En goi­ing, ron­de rui­kers, gas­te­ge­sken­kies en fo­to­hok­kies is so uit soos voor­ver­le­de jaar. Dis maar ’n paar van die gie­re wat trou­es in 2016 en 2017 ken­merk, sê trou­kun­di­ges.

“Paar­tjies soek iets meer eg, smaak­vol en ryk vir die sin­ne,” sê Va­le­ry Ze­le­nyuk van A­ga­pe Wedding & E­vent De­sign.

Sy en an­der ken­ners deel hier al die raad wat jy no­dig het om se­ker te maak jou troue is nie net ’n fees vir jul­le en jul gas­te nie, maar ook voor in die mo­de­koor.

DRAG Trou­rok

• Die kleur van die rok­ke – of kleur­ak­sen­te op rok­ke – is groot nuus, van lig­te room en sjam­pan­je tot bloos­pienk en ook hel­der­der kleu­re. • Deur­sky­nen­de ma­te­ri­aal soos net­stof, kant en bo­lae is sexy en ge­so­fis­ti­keerd. •’n Boot­hals­lyn ba­lan­seer ’n laag ge­sny­de rug mooi, ver­al ’n V-rug. • T­wee­stuk­ke met ’n romp en kort top is ge­wild by ’n bo­heem­se, vrou­li­ke te­ma. • Rom­pe wat af­ge­haal kan word be­te­ken jy hoef nie tus­sen ’n nou­slui­ten­de of uit­klok-rok te kies nie. • Kant bly steeds ’n groot guns­te­ling. • Mi­ka­do-sa­tyn (’n swaar­der sa­tyn) sorg vir skoon ly­ne en ’n mo­der­ne sil­hoe­ët. • Slui­ers is room of ’n ef­fen­se bloos­kleur.

By­kom­stig­he­de

• Kop- of haar­ban­de is met juwele ver­sier. • Ver­per­soon­lik­te juwele maak ’n stel­ling. Jy kan ook iets ge­leen of ge­gra­veer dra, of ’n ge­skenk van jou toe­koms­ti­ge eg­ge­noot. • Kies klas­sie­ke maar keu­ri­ge ju­we­liers­wa­re soos fyn ver­sier­de hang­oor­bel­le.

Rui­ker

• Sty­we, ron­de rui­kers maak plek vir dra­ma­tie­se groot wa­ter­val-rui­kers wat lyk of hul­le nou net ge­pluk is. • Rui­kers word met lang, han­gen­de lin­te met blin­ker­tjies op ver­sier.

Skoe­ne

• Oor­weeg skoe­ne met pro­mi­nen­te en teks­tuur­ry­ke kant-de­tail eer­der as die de­li­ka­te soort. •“I do”- en “Me too”-plak­kers duik op. • Kies room­kleur of wat van hel­der, sterk kleu­re vir per­soon­lik­heid of hu­mor?

Strooi­mei­sies

• Maak al die rok­ke die­self­de kleur maar in ver­skil­len­de sty­le, of om­ge­keerd. • Blink de­tail is groot. • T­wee­stuk­ke met ’n lang net­sy-romp en nou­pas­sen­de, kort top is ge­wild.

Brui­de­gom

•’n U­nie­ke of ver­per­soon­lik­te la­pel­ver­sie­ring sê iets van jou per­soon­lik­heid. • Baad­jies of on­der­baad­jies in ’n kleur wat uit­staan, lyk vro­lik. • Hel­der­kleu­ri­ge of pa­troon­sok­kies gee pret aan ’n an­der­sins for­me­le voor­koms. • By­der­wet­se s­trik­das­se in ’n ska­ke­ring wat by die te­ma pas, is groot nuus. • Ska­ke­rings van grys word ál ge­wil­der.

HA­RE EN GRI­ME­RING

• ’n Hel­der, gloei­en­de ge­laat is op die oom­blik ge­wil­der as ’n mat voor­koms. Skep dit met sub­tie­le kon­toer­gri­me­ring en ro­me­ri­ge vel­ver­lig­ters. • Neu­tra­le oog­ska­du’s is in. • Ba­lan­seer ’n oog­ska­du in jou vel­kleur met vloei­ba­re om­ly­ner langs die boon­ste wim­per­lyn en hel­der lip­pe. • Kies pas­tel­le en room­kleur met glans. • ’n Hel­der­pienk of ko­raal­kleu­ri­ge lip­stif­fie pas by sag­te oog­gri­me­ring. • Wim­per­ver­len­gings word ge­wil­der as aan­plak-wim­per­stro­ke. • Sê tot siens vir sty­we krul­le en haar­sproei! Die gons­woord vir brui­de is na­tuur­li­ke teks­tuur met los, vloei­en­de lok­ke. • Op val­len­de haar­kleu­re is be­slis ’n ster­ker wor­den­de nei­ging. • Brui­de gaan ook voor die troue en nie net op die dag nie vir be­han­de­lings om ’n na­tuur­li­ke, ge­son­de gloed te ver­se­ker. • Meer mans kom soos hul­le is en skeer by­voor­beeld nie meer hul baard af nie. • Die ou­tyd­se maar kor­ter oor­kam­styl is ge­wild by brui­de­goms.

DE­KOR Diep, ryk en me­taal­kleu­re

• Hel­der ju­weel­ska­ke­rings word met me­taal­kleu­ri­ge ver­sie­rings in goud, roos­goud, ko­per en brons ge­kom­bi­neer. • Vol­gens die Pan­to­ne-kleur­in­sti­tuut is van­jaar se kleu­re roos­kwarts (wat goed by diep­rooi, pers en mar­sa­la pas) en “kalm­te” of­te­wel ’n lig­te blou (wat goed by don­ker klim­op­groen, bruin en pas­tel­pienk pas). • Kleu­re word ge­meng, soos mid­der­nag­blou met sag­te pienk en tik­kies ko­per. • In­te­res­san­te va­se, wat on­der meer goud­en sil­wer­kleu­rig is, en an­tie­ke on­paar va­se word met by­kom­stig­he­de ge­kom­bi­neer. Goi­ing maak plek vir glans! • Min­der in­lê-fles­se sal te sien wees en meer hand­ge­maak­te ke­ra­miek­wa­re met ’n ru­we, or­ga­nie­se ge­voel, as­ook teks­tuur­ry­ke lin­ne, na­tuur­li­ke breekware, ver­gul­de mes­se­goed en hand­ge­blaas­de her­won­ne glas­wa­re.

Blom­me

• Con­fet­ti het groen ge­word: fyn­bos, pen­nie­bloe­ko­mof roos­bla­re of ’n meng­sel van kruie en veld­blom­me. • Bes­sie­kleu­re en an­der sterk kleu­re soos hel­der­pienk ge­meng met ko­raal­kleur, en hel­der­geel en -o­ran­je gaan ge­wild word. • Meer loof en min­der blom­me word ge­bruik vir ’n or­ga­nie­se, wil­de, teks­tuur­ry­ke voor­koms. Rank­plan­te, tak­ke, bla­re en selfs vrug­te en groen­te word vir die ta­felen ag­ter­grond­ver­sie­rings in­ge­span. • Ou­tyd­se blom­me soos an­ge­lie­re, pronk­ert­jies en kri­san­te word bo die ge­wo­ne roos-, kris­mis­roos- en pinkster­roos-kom­bi­na­sies ge­kies. • Een rang­skik­king in die mid­del van die ta­fel is uit en ’n klom­pie lan­ger blom­me­rang­skik­kings per ta­fel is in.

Sit­plek­ke

• Lang fees­ta­fels pleks van klei­ner ron­de ta­fels word ál meer by ont­ha­le ge­sien. • Ta­fels met ver­skil­len­de vorms en groot­tes skep ’n in­tie­me en ont­span­ne ge­voel. • Ge­rief­li­ke rus­ban­ke vir die ske­mer­kel­kie-uur kry ook by die ont­haal ’n plek.

Be­lig­ting en glans

• Ge­bruik e­ni­ge e­le­men­te wat glans en spran­kel ver­leen. • Be­lig­ting is ’n gro­ter de­kor-e­le­ment as voor­heen, met van kaal gloei­lam­pe tot klas­sie­ke fee­tjie­lig­gies. • Meng te­mas. Dra­peer by­voor­beeld goue lo­pers met blin­ker­tjies oor rustieke, kaal hout­ta­fels. • Kan­de­la­re en han­gen­de blom­me neem die plek van han­gen­de vlag­gie­strin­ge in.

Skryf­be­hoef­tes

• Prettige skryf­be­hoef­tes is in, soos waai­ers wat ook die or­de van die ver­rig­tin­ge aan­dui en for­tuin­ver­tel-hap­per­tjies ( foto REGS BO) wat as spys­kaar­te dien. • Spe­si­aal ont­werp­te be­gin­let­ter-em­ble­me met de­tail wat vir die eg­paar be­te­ke­nis het word op skryf­be­hoef­tes her­haal. • La­ser­ge­sny­de skryf­be­hoef­tes maak plek vir ont­werp en kleur as die hoof­fo­kus. • Hand­ge­skre­we kal­li­gra­fie-e­le­men­te skep ’n per­soon­li­ke, ou­tyd­se ge­voel. • So­si­a­le me­dia en aan­lyn­kom­mu­ni­ka­sie bly ge­wild. Paar­tjies kan hul uit­no­di­ging aan ’n Fa­ce­book-ge­leent­heid kop­pel of ’n YouTu­be- of Vi­meo-vi­deo-uit­no­di­ging skep. Dit ver­ge­mak­lik in­ter­na­si­o­na­le uit­no­di­gings, die be­stuur van uit­no­di­ging­aan­vaar­dings en die aan­heg van ’n kaart na die trouplek, lys van ver­blyf­plek­ke, ge­skenk­re­gis­ter en fo­to­ga­le­ry.

Dan­kie-ge­sken­ke

• Gas­te­ge­sken­kies is nou min­der ge­wild. Bruids­pa­re be­stee die geld lie­wer daar­aan om die trou-er­va­ring self be­ter te maak. • Ge­sken­kies is meest­al ver­per­soon­lik en nut­tig, soos bors­spel­de of plek­mat­jies. • Eg­pa­re sê dan­kie met ’n per­soon­li­ke bood­skap aan el­ke gas op ’n e­ti­ket.

PLEK

• Baie trou­es word bui­te ge­hou, te mid­de van hoë bo­me met ’n oor­vloed warm be­lig­ting. • Woud-, strand en wyn­plaas­trou­es bly ge­wild, maar meer paar­tjies oor­weeg stads­trou­es. • Plek­ke met ’n u­nie­ke e­le­ment wat niks ek­stra kos nie soos ’n glas­ka­pel, uit­sig of

in­te­res­san­te ar­gi­tek­tuur word ge­kies. •Ma se ag­ter­tuin die na s trou­ple k–p ri­vaat wo­nings word ál m eer vir trou­es ge­bruik e nv er­skaf ’ nm eer per­soon­li­ke om­ge­wing.

KOS EN DRANK

•Ga ste word met hul aan­koms by drankiestasies ge­trak­teer me ty st eee n wa­ter wat me taa rbei e nti e­mie of man­go en krui­se­me ntg e­geur is, of hul­le kan by ’ nj e­ne­wer­of whis­ky-sta­sie aan­klop. •G root, heil­sa­me maal­tye wat prag­tig voor­ge­sit word ver­vang ca­napés. •In die plek van buf­fets word kos op­ges­ke pofg eu­ri­ge ge­sins­kos word op plat­bor­de voor­ge­sit en deu rd ie gas­te ge­deel. •Ko s -of room­ys-wa­ens bi ed’ np ret­ti­ge, in­ter­ak­tiew ee le­ment vi rd ie ont­haal of vir laat­aand-peu­sel­hap­pies. •G e­sond­heidsnei­gings be­ïn­vloed trou­spys­kaar­te –g e­reg­te is ge­son­der e n va rser. • Na­ma­te trou­es in­tie­mer word, kan gas­te sed i­eet­be­per­kings in­agg e­nee mwo rd. Keu­ses kan ge­bied word vir men­se wat ’n sui­ker- of glu­ten­vry ed i­eet volg of men­se met al­ler­gieë. • Vol­hou­ba res py­se­nie­ring g e ni e t aan d ag. Plaas­lik ee no rga­nie­se kos word voor­ge­sit. • Na­ge­reg­ta­fels i sde ka­de ntm et ’ ng root trou­koek of tal­le ge­de­kon­stru­eer­de trou­koe­ke, mi­ni-na­ge­regt ee n/of vars I­ta­li­aan­ses or­bets. Na­ge­reg-ca­napés is ook ge­wild as­ook op­sies met ’ nv rug­te­ba­si se n flam­bo­jan­te ter­te.

KOEKE

• On­ver­sier­de of half­ver­sier­de koeke af­ge­rond me tva rs blom­me, tak­kies, kruie of vars bes­sies word ál m eer ge­sien. •Di e ver­sie­ring kan hand­ge­verf of van eet­ba­re kryt­fon­dant wees. • A­von­tuur­li­ke geu re d uik op soos ge­sou­te ka­ra­mel ,s uur­le­moen ,s jam­pan­je, la­ven­tel-va­niel­je, ap­pel­spe­se­ry of chai. •G e­de­kon­stru­eer­de koek es aam me tof­in die plek van laag­koe­ke is aan die toe­neem. • Di e kl e u r van dei ko e k s kak e l by dei t r oue se kleur­ske­ma in. •Ru stie­ke bot­ter­ver­sie­ring word bo ’n glad­de fon­dant-voor­koms ver­kies. •Ver­sie­rings is ge­o­me­tri ese nm e­taal.

FO­TO­GRA­FIE: ’N SKUIF NA DI­GI­TA­LE FOTO’S

• Di e fo­to­hok­ki e se ge­wild­heid taan. Skep ’n sel­f­ie­sta­sie met ’n in­te­res­san­te ag­ter­gron ds oo s’ n blom­me - of rank­plant­muur. • ’n T­wit­ter -ofIn sta­gram-huts­naam word aan die gas­te ge­gee om­byt e haak aan foto’s wat hul­le met hul sel­foon neem. So kan di ee gpaar gast e­ses pon­ta­ne foto’s van di ed ag k ry. •Al die foto’s met die huts­naam word deur ’n so­si­a­le­me­dia-druk­fo­to­hok­kie ver­sa­mel en som­mer by die troue ge­druk. • Foto’s word op m eer a s ee npl e kg e­neem. •Di es tyl van die foto- e nvi de­o­gra­fie is meer in-die-oom­blik en do­ku­men­têrag­tig.

VER­MAAK

•Ga ste kan me tp ret­tig es pe­le­tjies ver­maak word ter­wyl di ee gpaar bes ig i s. •Di e tra­di­si­o­ne­le DJ maak ple kvi r meer at­mos­fe­rie­se ver­maak soo s’ n ka­ba­ret­san­ger ty­den sd i es ke­mer­kelk-uur of ’n a­koes­tie­se or­kes of stryk­kwar­te tom­ty den sd ie ete at­mos­feer t es kep. •Di ed ans op die laas­te lied word ook ál hoe ge­wil­der .Di­ti s’ nl ek­ker ma­nier om al die gas­te op di ed ans­vloer te kr yvi r’ non­ver­geet­li­ke af­slui­ting van die aand.

DROOMKLEURE

’N DRA­MA­TIE­SE RUG

SPEEL­SE SKOE­NE

WA­TER­VAL-RUI­KERS

STERK BY­KOM­STIG­HE­DE

U­NIE­KE LA­PEL­WA­PENS

WE­LI­GE TA­FEL­VER­SIE­RINGS

AARD­SE TA­FEL­RUI­KERS

KOSTROKKE

NUT­TI­GE GE­SKEN­KE

DRANKIESTASIES

SLIM SPYS­KAAR­TE

’N FEES­MAAL OM TE DEEL

HALF­VER­SIER­DE KOEKE

SPE­LE­TJIES VIR GAS­TE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.