Huisgenoot - Ware Lewensdramas

INA VIND WEER LIEFDE

-

NEGE jaar lank was dit asof Johan se vloek oor Ina bly hang: Hy het gesê hy gaan seker maak geen man kyk ooit weer na haar nie. En nege jaar lank was dit die geval.

Tot eendag in April toe Riaan Grobler (57), ’n plaasbestu­urder van Modimolle, by haar kantoor instap en halsoorkop op haar verlief raak.

Riaan was een van haar kliënte en sy nommer was op haar foon.

Sy wou een aand vir haar neef, ook Riaan, ’n goeienag-boodskappi­e stuur, en stuur dit toe per ongeluk aan die verkeerde Riaan.

Sy het probeer om dit reg te stel: “Ekskuus, dit was ’n vingerfout.”

Blitsvinni­g het sy antwoord gekom: “Dit was nou ’n aangename vingerfout!”

Ná haar blaps met die boodskap het hulle pal op WhatsApp begin gesels, en nadat sy sy sake en testament afgehandel het, het hy haar oor ’n beker koffie amptelik vir ete uitgevra.

Hulle het gereeld begin kuier, saam konfyt gekook, brood gebak en lang ure gesels.

Vir die eerste keer ná daardie verskrikli­ke dag was daar iemand vir wie

Ina bereid was om haar hart oop te maak.

En nie eens die letsels aan haar lyf het haar of hom gepla nie.

“Riaan het gesê: ‘Daar is nie ’n manier waarop ek met jou aan my sy sal skaam wees nie! Ek wil op die hoogste dak klim en sê: Dís my vriendin! Ek wil brag met jou, want ek wil vir daardie Kotzé wys daai woorde wat hy aan jou gesê het . . . Boetie, jy was verkeerd.’ ”

Maar ’n lang liefde was hulle nie beskore nie.

Skaars vier maande later het Riaan siek geword met covid-19. Sy toestand het binne ure drasties versleg. Twee dae later het Ina die hartverske­urende tyding gekry: Riaan is in die St. Vincent-hospitaal op Bela-Bela oorlede.

 ?? ?? Ina het nege jaar later weer liefde gevind. Dit was van korte duur toe die nuwe man in haar lewe ’n paar maande later weens covid dood is.
Ina het nege jaar later weer liefde gevind. Dit was van korte duur toe die nuwe man in haar lewe ’n paar maande later weens covid dood is.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa