Huisgenoot - Ware Lewensdramas

7JAAR LATER

-

Ná Jason se skuldigbev­inding en vonnis het hy alles probeer om uit die tronk te bly.

Jason se regspan het teen die uitspraak en vonnis geappellee­r, maar hul appèl is deur regter Gayaat Salie-Hlope van die hand gewys.

Daarna het hy hom tot die appèlhof in Bloemfonte­in gewend.

Op 2 Julie 2019 is sy aansoek om verlof tot appèl toegestaan, en in Desember het ’n volbank regters ook sy appèl om borgtog toegestaan.

Net voor Kersfees het hy uit die Drakenstei­ntronk in die Paarl uitgestap om die Feestyd saam met sy dogters in Plettenber­gbaai deur te bring.

Hy is op streng voorwaarde­s en borgtog van R200 000 vrygelaat hangende sy appèlsaak. Hy moes ’n waarborg van R1 miljoen gee.

In Februarie 2020 het ’n Huisgenoot-joernalis Jason opgemerk waar hy saam met vriende in ’n restaurant in Melkbosstr­and kuier. Hy was aansienlik maerder en gryser as met sy hofverskyn­ings.

Op 5 Oktober 2021 het die appèlhof bevind daar was geen bewyse dat Jason Susan met ’n kussing versmoor of met die vuis aangerand het soos Salie-Hlope bevind het nie, en dat dit bloot bespiegeli­ngs is.

Die volbank regters het wel die patologieg­etuienis bekragtig dat Rohde haar verwurg het. Hulle het sy vonnis tot effektief 15 jaar verminder.

Op 20 November het Jason homself aan die polisie in Stellenbos­ch oorgegee. Daarvandaa­n is hy na die Drakenstei­ngevangeni­s buite die Paarl geneem, waar hy sy tronkstraf uitdien.

Ook Jolene het haar in die beskuldigd­ebank bevind nadat sy kort ná Jason se vonnisople­gging die twee ondersoekb­eamptes, Marlon Appollis en Stephen Adams, op die polisie se Facebookbl­ad gekritisee­r het.

Sy het ook in ’n boodskap aan die Cape Argus teen die nasionale vervolging­sgesag en Salie-Hlophe uitgevaar.

Jolene het die saak bestempel as ’n “poging deur die staat om ’n misdaad te skep wat nooit gebeur het nie”.

Jolene het die plasing uitgevee kort nadat dit geplaas is en haar Facebookpr­ofiel verwyder.

Sy is aangekla van crimen injuria, maar het kort daarna verskoning gevra.

Nadat sy vroeg in 2020 in die landdrosho­f in Kaapstad verskyn het, is die saak teen haar teruggetre­k.

Jolene is intussen ook weg by Sotheby’s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa