Huisgenoot - Ware Lewensdramas

SURETHA SKRYF ’N BRIEF AAN HUISGENOOT

In November 2021 skryf Suretha vanuit die tronk ’n brief aan Huisgenoot. Hier is ’n verkorte, geredigeer­de uittreksel.

-

Ek het die grootste fout denkbaar gemaak, maar ek weet wat niemand weet nie. Ek het die Leon Brits geken wat niemand geken het nie. Die glashuis waarin ons gelewe het, was so geshatter, niemand kon sien wat agter geslote deure gebeur nie.

Niemand het die kindertjie­s sien huilend vra of hulle ma oukei is nie en smekend hul pa vra om op te hou nie.

Hy was ’n goeie man, pa vir sy kinders – altyd vir die wêreld geglimlag, maar sy gesplete persoonlik­heid het begin domineer . . . Selfs die kinders was die laaste jaar bang. Hoe kom jy uit só ’n huwelik?

Daar was altyd vrees en angs; alles het afgehang van sy gemoed.

Ek was nege toe my pa, Corrie Coetzee, dood is aan ’n spinnekopb­yt. My broer is kollege toe. Ek, my ma en suster moes die beste maak van ons lewens.

Op 14 het my broer teruggekee­r na Pofadder en vir ’n boormaatsk­appy gewerk.

Ek het Leon ontmoet toe hy een naweek kom drank aflewer het. Ek het nie geweet wie of wat hy is nie, maar hy het met die inkom gevra om te dans. Ek het met hom gedans en ons het van toe af gesels.

Leon (toe 25) het my volgestop met geskenke waarvan enige skoolmeisi­e net kon droom. Ons het seksuele omgang gehad op 15 . . . tot my spyt.

Twaalf weke later kom ek agter my stamina is nie wat dit moet wees nie. Ek noem toe aan Leon dat ek vermoed ek is swanger. Hy was woedend en koop sewe swangerska­pstoetse. Al sewe wys positief.

Hy neem my na ’n dokter en stuur my in met sy beursie.

Die dokter vra: “Sussa, is hier iemand saam met jou?” Toe sê ek, ja, maar hy sit in die bakkie. Die dokter het sy kop geskud en ’n sonar gedoen. “Kyk, twee van alles, twee koppies, twee hartjies, twee babatjies.” Ek was 12 weke swanger en sprakeloos.

Ek het met groot opgewonden­heid vir Leon gaan sê: “Kyk”, maar hy het dit uit my hand uit gegryp en in die cubbyhole gegooi.

Dit was die begin van ’n lewe vol

vrees en angs. Hy het gesê hy vat my nou vir ’n aborsie.

Toe ek sê hulle is twee en ek is 12 weke swanger, skree hy dat ek nooit weer daaroor sal praat nie, of ek sal dit berou.

By die hospitaal was alles klaar gereël. Ek het alleen ingestap, ’n vrou het my aan die arm gevat en gesê: “Eintlik is jy te ver, Poplap, maar ons kyk wat ons kan doen.”

Sy gee my ’n wit pilletjie om onder my tong te sit; ek moes oor ’n halfuur terugkom.

In die bakkie het ek hom die pilletjie gewys, toe vra hy: “Waarvoor wag jy?”

Ná ’n halfuur is ek in. Ek het geen verdowing ontvang nie; die pyn was so erg dat ek nie beheer oor my liggaam gehad het nie. Die vrou het my opgetel en gaan neerlê in ’n kamer.

Leon het ingestap en gesê: “Trek aan; ons moet ry.” Die suster het gesê ek moet nog lê, maar Leon het gesê ons het ’n lang pad; ek kan dáár lê.

Op die Kliprandpa­d trek hy af, ruk my uit die bakkie en druk my op die skouer. Hoe meer ek sê “Jy maak my seer”, hoe meer vra hy “Verstaan ons mekaar?” Ek het gesê ja. Ek was bang. Hy het belowe alles gaan aan soos normaal; ek is nou syne.

Ek is huis toe asof niks gebeur het nie, maar binne my was ek gebreek.

Eenkeer het ek hom geweier, toe word ek teen die kas gedruk, sy voorarm onder my keel: “Wat wil jy maak?” Ek was ’n vrou wat ’n matras was.

Toe ek met my meisiekind swanger word, wou hy dieselfde hê. Ek het geweier.

Die seuns is my tweeling wat ek teruggekry het by ons Hemelse Vader. Ek het besluit, maak nie saak wat nie, ek sal daar wees, want hulle is my alles.

Daar was goeie tye en herinnerin­ge ook.

Ek het soos ’n slaaf gewerk, net om nie te dink aan die realiteite nie; ek het alles gegee wat ek kan vir my kinders.

In 2013 het ek my eie besigheid gestig en my uitgeleef as ondernemer en ma. Ek het nooit iets van Leon finansieel gevra nie.

Hy het niks daarvan gehou dat ek sosialisee­r nie, en ek was altyd in die moeilikhei­d.

Hy sou my die volgende dag laat werk soos ’n hond as straf. Sondae was die ergste. Dan was hy depressief. Elke keer wanneer die kamerdeur agter ons gesluit word, kon ek enigiets verwag.

Ons kamerdeur op Pofadder het ’n gat wat hy daarin geslaan het. Ek het saam met X gewerk op ’n kontrak, en ons het mekaar se probleme gedeel.

Dis asof hy my lees wanneer ek met rooigehuil­de oë stilhou en my verseker als sal oukei wees. Ons was lank vriende voordat iets tussen ons gebeur het.

Hy was my steunpilaa­r, die buitestand­er teenoor wie ek my hart kon oopmaak.

Dinge het vererger toe die hotel weens covid-19 moes toemaak. Leon se humeur was buite beheer en ek was gedurig in trane. Een van my seuns sou kom vra: “Is jy oukei?” Die ander seun sou met sy pa raas omdat hy lelik met Mamma en Ousus praat. Leon het nie meer omgegee wat hy voor die kinders sê of doen nie, en hulle was net so bang vir hom.

Ek het ’n prokureur genader; ek wou skei. Leon het gesê die woord skei bestaan nie in sy huis nie; hy belowe my hy wis ons hele gesin uit as ek voortgaan.

Vir die wêreld daar buite was ons die goue gesin; binne die Brits-woning was dit koud.

Een naweek by Augrabies voel ek nie lekker nie. Een man sê toe vir Leon: “Jy moet mooi kyk na ons Sue; sy lyk nie goed nie.” Leon sê vir my ons moet ry. Hy was besitlik en verskrikli­k jaloers.

Tuis tier hy omdat ’n “nikswerd vir my kom sê ek moet mooi na jou kyk”. Hy sit toe al sy vuurwapens op die bed. Ek sê toe aan hom ek gaan skree tot die kinders wakker is.

Maar hy laai die haelgeweer, haal dit oor, die loop by my gesig. Ek huil en smeek asseblief, asseblief, op my knieë.

Hy vra my: “Wie is die man van die huis? Sal jy ooit van my skei? Sal jy ooit uitpraat?”

Nadat ek alles gesê het wat hy wil hoor, haal hy die patrone uit. Ek gaan was my gesig, maar bewe aanmekaar. Later tap ek vir my ’n warm bad en wens weer ek was eerder dood.

Ek het die grootste fout van my lewe gemaak om die reg in eie hande te neem.

Ek het jare se seer verkeerd behandel deur nie te praat nie. Die ooreenkoms is ook nie nagekom soos dit moet nie. Hy sou nooit ’n wrede dood sterf nie. Ek het probeer om op 99 om te draai, maar dit was nie ’n opsie nie.

My berou was eg en opreg van dag een af. Ek het nie woorde om al die seer en trane te beskryf nie. Hy was ’n goeie man, maar niemand het sy gesplete persoonlik­heid en die man sonder die masker geken nie.

Ek is ongeloofli­k jammer teenoor my familieled­e en veral teenoor my kinders.

Dankie aan almal wat my nie oordeel nie en ook die goeie in my sien, buiten vir die fout wat ek gemaak het.

‘EK HET SOOS ’N SLAAF GEWERK OM NIE TE DINK AAN DIE REALITEITE NIE; EK HET ALLES GEGEE WAT EK KAN VIR MY KINDERS’

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa