Huisgenoot - Ware Lewensdramas

ROMANSE AGTER TRALIES

-

Alles het daarop gedui dat die dramatiese verhaal van Suretha Brits en haar stormagtig­e liefdeslew­e ná afloop van haar verhoor iets van die verlede moes wees.

Sy het haar tronkstraf begin uitdien in die berugte Johannesbu­rgse gevangenis allerweë bekend as “Sun City”, waar die lewe allergebou mins ’n lied is.

Hoewel dié tronk is om sowat 2 600 gevanal genes te huisves, was dit volgepak met omtrent 6 600 mense, het News24 berig. “Die oorbevolki­ng maak dit ’n spesifieke vorm van hel vir mense daarbinne,” het oudregter Edwin Cameron al opgegetal merk, hoewel dié verwys na die mans.

Dis nietemin allermins die plek waar ’n mens blydskap sal verwag. Wat nog te sê liefde.

Maar toe, in 2023, duik ’n foto op . . . Op dié foto, wat aan Netwerk24 verskaf is, lyk dit asof Suretha knus aangevly teen een van haar medegevang­enes sit. En dié persoon is die nuwe liefde in haar lewe, sê ’n bron toe aan Netwerk24.

Maar dit was nie sommer net enige medegevang­ene nie. Enigeen wat die nuus volg, sou dié gesig herken: Sy was een van Suid-Afrika se berugste misdadiger­s, die Krugersdor­pse kultusleie­r en moordbaasb­rein Cecilia Steyn.

Dis niemand minder nie as Cecilia wat Suretha se hart daar in die tronk verower het, beweer die bron.

Mense landwyd het geskok na hul asem gesnak.

Kon dit waar wees?

Die departemen­t korrektiew­e dienste het wal gegooi en gesê hulle duld nie ’n vryery tussen gevangenes nie.

“Elke gevangene word met die intrapslag ingelig om nie in intieme verhouding­s en soortgelyk­e aktiwiteit­e betrokke te raak nie. Gevangenes het ook geensins alleentyd nie, behalwe wanneer elkeen terug in hul sel is,” het Singabakho Nxumalo, woordvoerd­er van die departemen­t, gesê.

Maar kort voor lank het die storie nog ’n stertjie gekry toe iemand ’n stemboodsk­ap met Huisgenoot deel.

Dié boodskap is glo uit die tronk gestuur, en die bron het beweer dis Suretha wat dit gestuur het.

Die stem in die boodskap vertel sy het daar in dié ellendigst­e plek denkbaar liefde gevind. Liefde in die arms van iemand wat nie omgee om haar met ander te deel nie.

“Ek is ’n baie jaloerse mens, ek hou nie daarvan om iemand te deel nie. Maar sy is nie so nie,” vertel die stem in die boodskap.

Nog ’n teken dat romanse tussen die twee geblom het?

Van die kant van sowel Suretha as Cecilia se kennisse was daar teenstrydi­ge stories en ontkenning­s.

Iemand wat Cecilia ken en kort tevore met haar gesels het, het die verhouding in twyfel getrek.

“Sover ek weet, is sy en Suretha nie so heg nie. Ek verbeel my Cecilia was in ’n verhouding met iemand anders. Wat het van daai meisie geword? Sy was nog onlangs op daardie vrou verlief.”

En dan was daar Cecilia se pa, Piet Brand, wat niks geweet het van ’n verhouding tussen sy dogter en Suretha nie.

“Mag Cecilia nie ’n vriendin hê nie? Ek ken daai meisiekind glad nie. Sy en Cecilia is nie eens in dieselfde sel nie,” sê hy.

En toe, kort voor druktyd, blyk dit die twee vroue is van mekaar geskei.

Elkeen is inderhaas na ’n ander tronk geskuif nadat die owerheid ingegryp het en ook beslag gelê het op selfone onder die gevangenes.

Bronne het aan Netwerk24 en Rapport beweer sowel Suretha en Cecilia was baie ontsteld om van mekaar geskei te word. Teen druktyd was dit onbekend of hulle ná hul skeiding ’n manier gevind het om hul verhouding voort te sit.

Want hoe sal ’n langafstan­dliefde dan nou werk as albei moordenaar­s ver van mekaar agter tralies boet?

KAN DIT WEES DAT TWEE VAN DIE BERUGSTE VROULIKE MOORDENAAR­S NOU VERTROOSTI­NG EN LIEFDE BY MEKAAR VIND?

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa