Huisgenoot - Ware Lewensdramas

WAT HET VAN DIRK PRINSLOO GEWORD?

-

TOE Dirk die eerste keer in 2000 in Rusland was, het hy daar vir Swetlana Wasili ontmoet. Hulle het verlief geraak en kort voor lank was sy swanger, maar toe keer hy terug Suid-Afrika toe en begin sy verhouding met Cézanne. Hy het tydens sy verhoor weer na Rusland gevlug, en nie teruggekom toe die hofsaak in 2006 hervat is nie.

Hy wou weer op Swetlana steun, maar sy het gesê sy gaan hom nie onderhou nie.

Dirk het ’n jaar lank in Rusland gebly voor hy in 2007 in Belarus groener weivelde gaan soek het.

Hy het ene Anastasia daar in ’n koffiewink­el ontmoet. Hy het na haar toe gestap en gevra: “Skies, praat jy Engels? Toe sy ja sê, was sy tweede sin aan haar: “Jy het verskrikli­ke mooi hare.” Hy het homself voorgestel as Michael Grant, ’n Australies­e konsultant. Hy het ook visitekaar­tjies met sy foto uitgedeel en beweer hy is ’n senior konsultant vir die firmas M&A Marketing Corp. en M&Y Management Services.

Anastasia het op hom verlief geraak, en ’n maand later het Dirk by haar ingetrek. Dirk het die hele tyd op die rekenaar gewerk, en Anastasia het gevoel hy gee nie genoeg aandag aan haar nie. Hy het begin vertel hy is ’n god en sy is sy seksslaaf. Hy wou hul seksuele dade op video vaslê en foto’s daarvan neem. Sy sou later vertel hy het haar ook aangerand. Dirk en Anastasia was ’n rukkie saam tot sy vir hom gesê het sy kan hom nie onderhou nie. Toe is hy na die dorpie Baranowits­ji.

Die volgende vrou in sy visier was Tatjana Lesjko, ’n student. Hy het saam met haar in ’n woonstel in Parkowajas­traat in Baranowits­ji ingetrek. Tatjana het die huur van betaal.

Later het sy haar studies opgeskop, want hulle sou saam ’n ondernemin­g begin het. Maar sy het al die werk gedoen terwyl hy heeltyd op die rekenaar was.

Toe Tatjana swanger raak, was Prinsloo baie ongelukkig. Hy het haar gedwing om nog harder te werk. Hy het ál wreder en aggressiew­er begin raak en haar geslaan. Sy was doodbang vir hom.

Toe Tatjana die verhouding verbreek, het Dirk gesê hy sal geld kry sodat sy hom weer sal terugvat. Daar was ’n bank in die woonstelbl­ok waar hulle gewoon het. Op 10 Junie 2009 net ná middagete het Dirk met ’n mus oor sy kop en ’n speelgoedg­eweer die bank binnegesta­p. Ooggetuies sê hy het die vroulike kassiere rondgestam­p en geslaan en vir hulle in Russies geskree om die kluis oop te sluit. Hy het een vrou op haar bobeen geskop. Die polisie het later ’n afdruk van sy skoensool op dié vrou se rok gekry.

Toe die bank se personeel hom nie verstaan nie, het hy ’n briefie met ’n spelfout vir hulle gegee: “Geld op die tafel.”

Een van die vroue het geval en haar kop teen ’n toonbank gestamp, maar sy kon gelukkig betyds die alarmknopp­ie druk. ’n Kliënt is aangerand en ook weens kopbeserin­gs in die hospitaal opgeneem.

Toe die alarm afgaan, het Dirk alles net so gelos en gehardloop. Sy volgende bestemming was die hoofstad, Minsk. Twee dae ná die mislukte bankroof het die polisie hom in ’n internetka­fee vasgetrek. In Januarie 2010 het Dirk se hofsaak in Belarus begin.

Die beskuldigd­ebank het tralies om gehad en sy arms was in boeie. Dirk is as ’n gevaarlike misdadiger beskou want benewens die bankroof, was hy ’n voortvlugt­ige in Suid-Afrika.

In Februarie 2010 is hy skuldig bevind aan bankroof, diefstal en boewery. Hy is tot 13 jaar tronkstraf gevonnis en in die Morelef-tronk toegesluit.

Teen 2018 is hy vrygelaat, en so ver vasgestel kan word, is hy steeds in Belarus. Van pogings om hom aan SuidAfrika uitgelewer te kry sodat hy hier vir sy beweerde seksmisdad­e verhoor kan word, het nog niks gekom nie.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa