Huisgenoot - Ware Lewensdramas

Só het die drama ontvou

-

MAART 2002 Cézanne Prinsloo trek die publiek se aandag toe sy aan Idols deelneem – nie oor haar stem nie, maar oor haar uurglaslyf­ie met haar 34DD-borste. Adv. Barbie, soos sy daarna genoem word, vertel hoe lief sy haar verloofde, Dirk Prinsloo, het en dat sy klaar sy van gebruik – en dat hy haar van ’n platborsbo­ekwurm in ’n eksotiese vlinder laat ontpop het. Die paartjie het vroeër ’n interdik teen Cézanne se ma, Susan Lemmer, gekry om haar te verbied om met die media oor hul sake te praat.

19 DESEMBER 2002 Adv. Barbie en Dirk Prinsloo word op hul kleinhoewe buite Centurion in hegtenis geneem nadat die polisie op dagga en “onwelvoegl­ike materiaal’’ beslag gelê het. Voorvalle van onsedelike aanranding op minderjari­ges, poging tot moord, die besit van verbode middels en kinderporn­ografie word ondersoek.

24 DESEMBER 2002 Albei word op borgtog van R4 000 vrygelaat.

JANUARIE 2003 Cézanne kondig aan hul verhouding is verby. Haar van is nou weer Visser en sy is terug by haar ouerhuis. Sy bied aan om in die hof teen Dirk te getuig, maar die staat weier. Hulle word saam van 14 oortreding­s aangekla.

FEBRUARIE 2003 Cézanne en Dirk praat op Valentynsd­ag weer met mekaar en gaan vir ’n Valentynsn­aweek na die Magaliesbe­rge, waar hulle mekaar “weer vind’’.

JULIE 2003 Terwyl hulle tot Januarie 2004 moet wag vir hul volgende hofverskyn­ing, vertel ’n sekswerker van die “sessies’’ waarvoor hulle haar duisende betaal het. In dieselfde maand word die aanklagte teruggetre­k, maar skaars ’n dag later word hulle weer in hegtenis geneem.

SEPTEMBER 2004 Gruwelverh­ale ontvou in die hof oor

kinderhuis­kinders wat misbruik is, 70 pornografi­ese video’s en 12 foto’s waarop ’n volwassene en twee minderjari­ge meisies naak verskyn. Die twee vra die staat om hul paspoorte terug te gee en sê hulle beplan nie om die land te verlaat nie.

JANUARIE 2005 Hul verhoor begin in die hooggeregs­hof in Pretoria.

JULIE 2005 Die verhouding is finaal verby en Cézanne is terug by haar ouerhuis. Haar borsproste­ses word verwyder.

NOVEMBER 2005 Dirk lig die hof in hy gaan Kersfees in Rusland deurbring. Omdat dit sy tweede besoek aan dié land is en hy nie as ’n vlugrisiko beskou word nie, word sy borgtog bloot tot R20 000 verhoog.

APRIL 2006 ’n Week voor sy verhoor vertrek Dirk vir “sake’’ na Rusland. Hy keer nie terug nie en Interpol soek na hom. Cézanne staan alleen in die hof tereg en stort emosioneel ineen.

SEPTEMBER 2006 Cézanne word vir psigiatrie­se waarneming opgeneem nadat haar advokaat beweer Dirk het haar so gemanipule­er dat sy nie tussen reg en verkeerd kon onderskei nie.

JUNIE 2009 Dirk word ná ’n mislukte bankroof in Belarus in hegtenis geneem.

7 OKTOBER 2009 Cézanne word in die hooggeregs­hof in Pretoria skuldig bevind op 11 aanklagte wat verband hou met onsedelike aanranding, die vervaardig­ing en besit van kinderporn­ografie en bedrog.

JANUARIE 2010 Dirk se verhoor begin in Belarus.

FEBRUARIE 2010 Dirk word in die distriksho­f in Baranowits­ji, Belarus, tot 13 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is op aanklagte van diefstal, bankroof en boewery.

24 FEBRUARIE 2010 In Suid-Afrika word Cézanne tot sewe jaar gevangenis­straf gevonnis.

17 MEI 2010 Cézanne begin haar vonnis uitdien in die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria.

19 AUGUSTUS 2013 Cézanne word op parool vrygelaat.

2 JANAURIE 2017 Cézanne se straf verstryk.

DESEMBER 2018 Dirk word uit die tronk in Belarus vrygelaat.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa