OP ’N LIG­TER NOOT

Huisgenoot Wendiëte - - Wendiëte -

DIE mees­te vroue (en mans!) het al pro­beer om ’n paar ki­lo’s af te skud. Ons al­mal was al in die ver­soe­king om ’n blits­di­eet te volg wat vin­ni­ge re­sul­ta­te be­loof. Daar­die kits­di­eet het ons dalk wel ge­help om ’n bie­tjie ge­wig af te skud, maar so­dra jy oor­tree, pak die vet­jies maar weer aan – en dan som­mer be­hoor­lik!

Met hier­die uit­ga­we van Huis­ge­noot-Wen­di­ë­te keer ons te­rug na die ba­sie­se en fo­kus op ge­son­de, vol­hou­ba­re ma­nie­re om ge­wig af te skud en – selfs be­lang­ri­ker – om jou lig­gaam al die voe­ding­stow­we te gee wat jy el­ke dag no­dig het (en waar­na jy smag!).

Die af­ge­lo­pe maan­de het Huis­ge­noot saam met plaas­li­ke di­eet­kun­di­ges ge­werk om ses ge­son­de di­ë­te te her­sien en vir ons le­sers in dié ver­sa­me­ling saam te vat. Hier­die eet­plan­ne is geen blits- of uit­hon­ger­di­ë­te nie. Hul­le is spe­si­aal op­ge­stel om te ver­se­ker dat jy so ge­sond moont­lik ge­wig ver­loor en ver­sa­dig, e­ner­giek en ge­voed voel – die le­sers wat hul­le ge­toets het, sal dit kan be­ves­tig. Elk­een van die di­ë­te is met ’n an­der doel­wit ont­werp. Die plat­maag­di­eet is by­voor­beeld won­der­lik vir ie­mand wat suk­kel met op­ge­bla­sen­heid, en die ge­sins­di­eet is ge­rief­lik vir die­ge­ne wat ook moet sorg dat die kin­ders goed eet. Ons on­der­soek die rou­kos­leef­styl waar­aan die Her­to­gin van Cam­brid­ge glo haar su­per­slan­ke fi­guur te dan­ke het en kui­er by die san­ger Heinz Winckler en sy vrou, Aletté, wie se per­soon­li­ke af­rig­ter vir ons ’n stap-vir-stap-gids tot hul tuis-oe­fen­plan ge­gee het. Dis be­slis die moei­te werd om dit saam met jou maat op die proef te stel!

Na­tuur­lik sal Wen­di­ë­te nie vol­le­dig wees son­der tal­le heer­li­ke re­sep­te wat jy self kan be­rei nie. Dis moei­lik om te glo hier­die smul­lek­ker ge­reg­te is al­mal deur di­eet­kun­di­ges goed­ge­keur! Is e­nig­ie­mand dalk lus vir ’n dub­bel­sjo­ko­la­de­muf­fin?

Op ’n ge­son­der, slan­ker jy!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.