GE­SINS­DI­EET

Moe­nie al­leen her­vorm nie – laat die he­le ge­sin saam met jou be­ter eet!

Huisgenoot Wendiëte - - Inhoud -

Jy hoef dit nie al­leen te doen nie – laat die he­le ge­sin saam met jou be­ter eet.

DIS nooit lek­ker of mak­lik om al­leen te pro­beer ge­wig af­skud nie, ver­al nie as jou ge­sin weg­lê aan skaap­tjop­pies en piz­zas nie. Oor­tuig hul­le dus om saam met jou ’n ge­son­de eet­plan aan te pak. Dis nie net mak­li­ker om ge­mo­ti­veer te bly met die he­le ge­sin aan boord nie; dit sal ook won­de­re vir jul­le al­mal se eet­ge­woon­tes ver­rig.

Hoe­wel jou kin­ders dalk nie ge­wig hoef af te skud nie, bly dit ’n goeie i­dee dat al­mal weg­bly van sui­ker en voed­sa­mer kos in die reg­te hoe­veel­he­de eet.

Eet­ge­drag en smaak­voor­keu­re word vroeg in ons le­we aan­ge­leer, sê A­dri­an Pen­z­horn, ’n di­eet­kun­di­ge van die web­tuis­te Food for S­port. As jy kin­ders nou al aan die reg­te kos­se bloot­stel, kan jy help keer dat hul­le een­dag toe­stan­de soos vet­sug, di­a­be­tes en hart­siek­tes op­doen. Goeie eet­ge­woon­tes ver­be­ter ook ’n mens se im­muun­stel­sel.

’n Goeie be­gin is dat jul­le al­mal min­der sui­ker eet.

“Kyk heel eer­ste na jul dran­kies. Baie van ons sui­ker kom daar­uit. Be­perk gas­koel­drank, ge­geur­de wa­ter, ys­tee en vrug­te­sap­pe en ­stro­pe. Wa­ter en tee met baie min of geen sui­ker moet jul eer­ste keu­se wees. Vrug­te­sap wat met ’n bie­tjie wa­ter ver­dun is, is die naas­bes­te keu­se, maar los dit net vir saam met e­tes; moe­nie dit tus­sen­deur drink nie,” sê A­dri­an.

Ont­byt­kos­se be­vat ook baie sui­ker. “Lees die e­ti­ket­te van dié wat jy ver­kies en kies die han­dels­merk met die laag­ste sui­ker­in­houd. Hou por­sies klein en pro­beer om dit som­mi­ge dae uit te ska­kel – vrug­te, vol­ko­ring­brood en ha­wer­mout is goeie plaas­ver­van­gers.

“Ge­geur­de jo­gurt en melk­dran­kies be­vat ook baie sui­ker. Hoe­wel ons sui­wel­pro­duk­te wil eet weens die pro­te­ïen en kal­si­um wat daar­in voor­kom, is dit be­ter om on­ver­soe­te, na­tuur­li­ke vol­room­weer­ga­wes te

(Blaai om)

kies. Jy kan lie­wer jou eie vrug­te of ’n tee­le­pel heu­ning daar­by voeg.”

En dan moet jy na­tuur­lik waar moont­lik weg­bly van sjo­ko­la­de, lek­kers en ge­bak­te pro­duk­te. “Hou dit net vir af en toe,” is A­dri­an se raad.

Dis nie ge­noeg om net sui­ker uit te ska­kel nie. Jy moet weet hoe­veel e­ner­gie jou lig­gaam el­ke dag ge­bruik in ver­hou­ding met hoe­veel jy moet eet om jou hui­di­ge ge­wig te hand­haaf of ge­wig te ver­loor. Jy moet ook op hoog­te wees van be­lang­ri­ke voe­ding­stow­we en weet hoe groot jul por­sies moet wees.

Die voe­dings­rig­ly­ne en eet­plan­ne in dié ar­ti­kel kan aan­ge­pas word so­dat die he­le ge­sin die ge­sond­heids­voor­de­le kan ge­niet – en selfs ge­wig kan ver­loor in­dien no­dig.

FO­TO: SHUT­TER­STOCK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.