SJOKOLADEDIEET

Hier­die di­eet is so reg in jou kraal as jy ’n sui­ker­tand het, want jy kan ge­son­der eet son­der om te veel prys te gee

Huisgenoot Wendiëte - - Inhoud -

Is dit jou sui­ker­tand wat el­ke keer jou di­eet in die wie­le ry? Met dié di­eet kan jy ver­slank ter­wyl jy jou ge­reeld ’n sjo­ko­la­de­be­der­fie gun.

AL­MAL met ’n sui­ker­tand het dit al be­leef: jy spring vol gees­drif met jou di­eet weg en hou heel ge­trou daar­by – tot die sjo­ko­la­de­lus jou pak. En voor jy dit be­sef, het jy ’n he­le sa­li­ge plak daar­van ver­or­ber en jou ge­son­de eet­plan be­land saam met die blink­pa­pier in die vul­lis­blik.

Ver­slan­king en sjo­ko­la­de word nie ge­woon­lik in die­self­de a­sem ge­noem nie, maar die di­eet­kun­di­ge Je­a­nie Nel van Ca­pe Die­ti­ci­ans sê sjo­klief­heb­bers kan sjo­ko­la­de in ma­tig­heid by hul di­eet in­sluit – en selfs ook an­der ge­sond­heids­voor­de­le ge­niet.

Waar­om het soet­goed dan so ’n sleg­te re­pu­ta­sie?

“Oor die al­ge­meen word e­nig­iets wat soet smaak as sleg vir jou be­skou, en ons weet reeds sui­ker is prop­vol leë ki­lo­jou­les (baie e­ner­gie maar min voe­ding­stow­we) wat vet­sug en di­a­be­tes kan ver­oor­saak,” ver­dui­de­lik sy.

“Sui­ker help ook ont­ste­king in die lig­gaam aan en die al­ge­me­ne op­vat­ting is dat jy sui­ker eer­der te al­le tye moet ver­my.”

Melk­sjo­ko­la­de word boon­op as be­son­der sleg be­skou om­dat dit van vol­room­melk ge­maak word. Dis prop­vol ver­sa­dig­de vet, wat jou cho­les­te­rol he­mel­hoog kan laat styg. Al die baie vet be­te­ken ook dit drup van ki­lo­jou­les.

Don­ker­sjo­ko­la­de is eg­ter nie sul­ke sleg­te nuus nie, mits dit ’n hoë per­sen­ta­sie ka­kao be­vat. Jy oor­eet jou nie so daar­aan nie want as dit 70 tot 90 per­sent ka­kao be­vat, is dit min­der soet. En hoe meer ka­kao daar­in, hoe min­der sui­ker be­vat dit. Daar­by be­vat don­ker­sjo­ko­la­de ook fl­a­vo­no­ïed, ’n krag­ti­ge an­ti­ok­si­dant wat die lig­gaam teen om­ge­wings­gif­stow­we help be­skerm en ska­de her­stel.

Don­ker­sjo­ko­la­de met baie ka­kao is die

bes­te

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.