GROTMANDIEET

‘Die plan is ge­grond op die pa­le­o­di­eet, maar sluit lae-GI-kool­hi­dra­te en vet­vrye suiwel in’

Huisgenoot Wendiëte - - Inhoud -

Eet soos die oer­men­se – in die 21ste eeu. Ons het die ge­wil­de pa­le­o­di­eet vir van­dag aan­ge­pas en dit meer ge­ba­lan­seerd ge­maak.

Ma­er vleis, neute en bes­sies was die sta­pel­voed­sel van ons voor­va­ders. Ons het hier­die oer­di­eet, ook be­kend as die pa­leo- of grot­man-di­eet, vir die 21ste eeu aan­ge­pas

DIE ge­wil­de pa­leo-eet­plan het ’n heel nu­we be­na­de­ring tot di­eet in­ge­lui. Dié di­eet word te­rug­ge­voer na die oer­tyd en hoe die eer­ste men­se ge­ëet het: ma­er vleis, neute en bes­sies. Dit s­tem oor­een met die min­kool­hi­draat-bai­e­vet-Ban­ting-di­eet wat die a­ka­de­mi­kus prof. Tim No­a­kes ge­wild ge­maak het.

Nie net is die mees­te kool­hi­dra­te en peul­groen­te on­ge­wens nie; suiwel is ook on­toe­laat­baar. Die pa­le­o­di­eet be­vat heel­wat min­der vet as die Ban­ting-di­eet en laat meer vrug­te en sty­sel­ag­ti­ge groen­te toe.

Die ge­re­gis­treer­de di­eet­kun­di­ge Li­la Bruk van Li­la Bruk & As­so­ci­a­tes in Jo­han­nes­burg het ’n aan­ge­pas­te weer­ga­we van die pa­le­o­di­eet op­ge­stel wat meer ge­ba­lan­seerd en ge­sond is, en wat jou sal help om tot 1 kg per week te ver­loor.

“Ek fo­kus op baie vars vrug­te en groen­te, ma­er pro­te­ïen en ge­son­de vet­te,” sê Li­la.

Daar is ’n kin­kel: “Lae-GI-kool­hi­dra­te en vet­vrye suiwel is in­ge­sluit om te ver­se­ker al­le voe­dings­be­hoef­tes word ver­vul.”

Ver­werk­te kos­se word waar moont­lik uit­ge­ska­kel. “Kos ver­loor baie voe­dings­waar­de ty­dens ver­wer­king,” sê Li­la. “Baie van die B-vitamiene en ve­sel word by­voor­beeld uit ko­ring ver­wy­der wan­neer dit tot wit­brood­meel ver­werk word.”

Blaai om en lees al­les wat jy oor dié ge­son­de eet­plan moet weet.

(Blaai om)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.