BROOD – JY MAG MAAR

Huisgenoot Wendiëte - - Inhoud - DEUR GIL­DA NARSIMDAS

As jy reg kies, is brood nie so ’n groot son­daar nie.

Brood word dees­dae so ver­dag ge­maak dat ’n mens al bang is om dit te eet. Is dit reg­tig so sleg vir jou ge­sond­heid?

HUL­LE sê brood is ’n sleg­te kool­hi­draat wat keer dat jou lig­gaam vet ver­brand. Dit kan boon­op ge­wigs­toe­na­me, op­ge­bla­sen­heid, moeg­heid en hoof­pyn ver­oor­saak. Die de­bat oor brood woed al ja­re en word op die spits ge­dryf nou­dat so baie di­eet­gie­re kool­hi­dra­te ver­bied.

Maar vol­gens na­vor­sing is dié be­we­rings mi­tes. Die na­vor­sers sê die uit­ska­ke­ling van brood voor­kom dat men­se be­lang­ri­ke voe­ding­stow­we in­kry. Die B­rit­se voe­ding­stig­ting, die in­ter­na­si­o­na­le We­ten­skap-ad­vies­raad en die A­me­ri­kaan­se graan­kos-stig­ting is drie van die in­stel­lings wat vol­hou brood kry on­reg­ver­dig die skuld vir ge­wigs­toe­na­me.

I­re­ne La­bu­schag­ne, hoof­di­eet­kun­di­ge van die Voe­dings­in­lig­ting­sen­trum aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch, sê lae-GI-vol­ko­ring­brood kan deel van ’ nge son­de di­eet uit­maak.

Ter­wyl wit­brood as die groot­ste ta­boe be­skou word, sê I­re­ne selfs dit be­vat be­lang­ri­ke voe­ding­stow­we.

As jy jou ki­lo­jou­le-in­na­me dop­hou, is jou bes­te keu­se bruin saad­brood me t’n lae GI – mits jy nie al­ler­gies of on­ver­draag­saam vir van die be­stand­de­le is nie.

Vol­gens die boek The Car­bLo­vers Diet: Eat W­hat You Lo­ve, Get Slim for Li­fe! sal vol­graan­brood jou lan­ger ver­sa­dig laat voel en dit kan help om eet­dran­ge te be­dwing en jou bloed­sui­ker­vlak te be­heer.

I­re­ne sê ak­tie­we, ge­son­de vol­was­se­nes kan twee sty­sel­por­sies per maal­tyd eet – ’n dun sny­tjie brood is ge­lyk aan een por­sie. On­ak­tie­we vol­was­se­nes wat ge­wig wil af­skud, be­hoort te mik na ’n to­ta­le mak­si­mum van vyf por­sies per dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.