MMM, DIS MOS MELK!

Jy moet drie por­sies per dag daar­van in­kry – so kies jy

Huisgenoot Wendiëte - - Inhoud - DEUR KIM A­REND­SE

Hier­die ge­sond­heids­dran­kie is so goed vir jou – maak se­ker jy kry el­ke dag jou por­sie in.

BAIE van ons be­gin die dag daar­mee en gaan saans daar­mee bed toe. Melk is ’n daag­lik­se sta­pel­voed­sel in hui­se wê­reld­wyd en net in SuidA­fri­ka het ons in 2014 so­wat 1,46 bil­joen li­ter vars, wit melk ver­bruik. Hoe­kom dan nou nie? Die voe­dings­voor­de­le vir oud en jonk is goed be­kend: dit be­vor­der been- en tand­ge­sond­heid en is ryk aan kal­si­um, ka­li­um, fos­for, sink en mag­ne­si­um. Dit kan ook PMS-simp­to­me, slaap­loos­heid, sui­ker­siek­te en hoë bloed­druk help ver­lig en spie­re ná oe­fe­ning help her­stel.

Ons ver­ge­lyk ver­skil­len­de soor­te melk wat al­ge­meen op ons rak­ke be­skik­baar is.

HOE­VEEL MELK MOET EK EL­KE DAG IN­KRY?

Mik na twee tot drie por­sies suiwel per dag as deel van ’n ge­ba­lan­seer­de di­eet, sê Ma­re­tha Ver­maak, ’n di­eet­kun­di­ge by die ver­brui­kers­op­voe­dings­pro­jek van Melk SA.

AS MELK JOU SIEK MAAK . . .

Lak­to­se is ’n kool­hi­draat wat net in mens­ en dier­melk na­tuur­lik voor­kom. Wan­neer jy te min van die en­siem lak­ta­se het om al die lak­to­se af te breek, be­weeg die on­ver­teer­de lak­to­se deur jou dun­derm na die dik­derm, waar na­tuur­li­ke bak­te­rieë dit laat gis so­dat su­re en gas vorm. Dit word lak­to­se­on­ver­draag­saam­heid ge­noem, ver­dui­de­lik Ma­re­tha.

As jy daar­aan ly en jy kry meer as 12 g lak­to­se (in 250 ml melk) in, kan dit maag­pyn, op­ge­bla­sen­heid, kram­pe en di­ar­ree ver­oor­saak.

Ma­re­tha sê daar is geen re­de om melk en suiwel te ver­my as jy aan lak­to­se­on­ver­draag­saam­heid ly nie. “Dit word nie aan­be­veel dat nie­sui­wel­pro­duk­te melk ver­vang nie, want dit kan nie die­self­de voe­ding­stow­we as melk ver­skaf nie,” sê sy. Sui­wel­pro­duk­te kan ge­lei­de­lik by die di­eet in­ge­sluit word on­der die lei­ding van ’n dok­ter of di­eet­kun­di­ge.

Slegs as jy vir koei­melk al­ler­gies is, sal jy nie melk en sui­wel­pro­duk­te kan in­neem nie. Praat dan met jou dok­ter of di­eet­kun­di­ge oor die neem van kal­si­um­aan­vul­lings.

GOED VIR GE­WIGS­VER­LIES

Baie men­se dink suiwel maak vet, maar vol­gens die ver­brui­kers­op­voe­dings­pro­jek van Melk SA is daar in stu­dies be­vind dat men­se wat melk of suiwel in­neem, teen ge­wigs­toe­na­me be­skerm word en ’n ge­son­der ge­wig kan hand­haaf.

Dit is om­dat sui­wel­pro­duk­te so baie kal­si­um en pro­te­ïen be­vat. Die kom­bi­na­sie van dié twee voe­ding­stow­we in suiwel help ge­wig­ver­lies en ­in­stand­hou­ding aan dank­sy die in­vloed daar­van op ons me­ta­bo­lis­me.

’n Di­eet ryk aan kal­si­um sorg ook dat min­der kal­si­um by vet­sel­le in­glip. Dit laat op sy beurt vetaf­bre­king meer doel­tref­fend plaas­vind so­dat min­der vet ge­berg word.

In ’n 2010­s­tu­die waar­oor in die A­me­ri­can Jour­nal of Cri­ti­cal Nu­tri­ti­on be­rig is, is be­vind men­se wat oor ’n tyd­perk van twee jaar meer melk of suiwel in­ge­neem het, by­na dub­beld so­veel ge­wig ver­loor het as men­se wat min­der suiwel in­ge­kry het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.