WEER OP KOERS NÁ GE­BOOR­TE

Huisgenoot Wendiëte - - Wendiëte -

In die ver­le­de is ma’s ge­woon­lik aan­ge­sê om min­stens ses we­ke met oe­fe­ning te wag na­dat hul­le die le­we ge­skenk het, maar dit is aan die ver­an­der, sê By­ron Ken­ne­dy, ’n sport­we­ten­skap­li­ke van Jo­han­nes­burg.

Dees­dae word ge­meen jy kan weer be­gin gim so­dra jy daar­voor kans sien.

Spring weg met 20 tot 40 mi­nu­te kar­dio­oe­fe­nin­ge met ’n lae im­pak en ’n ma­ti­ge in­ten­si­teit, is sy raad. “Dit sal jou krag gee en ge­sond laat voel.”

Wag eg­ter tot ses we­ke voor jy ak­tief be­gin oe­fen om ge­wig te ver­loor. Ge­sels ook eers met jou dok­ter as jy ’n kei­ser­snee of kom­pli­ka­sies ge­had het.

“Ont­hou, die pro­ses om jou lyf te­rug te kry, is net mooi dit . . . ’n pro­ses,” sê hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.