KRY JOU ME­TA­BO­LIS­ME AANDIEGANG

Huisgenoot Wendiëte - - Metabolisme-dieet -

1 Doen krag­oe­fe­nin­ge om jou spier­mas­sa­op­te­bou.

2 Be­weeg meer. Gee 10 000 treë en/of doen a­ë­ro­bie­se oe­fe­nin­ge en/of doen in­ter­val­oe­fe­nin­ge.

3 Maak ont­byt ’n maal­tyd met pro­te­ïen as grond­slag (ei­ers, jo­gurt, melk, vis).

4 Eet met el­ke maal­tyd ’n palm- of hand­groot­te­por­sie pro­te­ïen.

5 Eet voor slaap­tyd ’n pro­te­ïen­peu­sel­hap­pie.

6 Sluit ve­sel­ry­ke kos by el­ke maal­tyd in.

7 Ver­my ver­fyn­de kos­se wat te mak­lik ver­teer word, soos sui­ker, soet dran­kies, wit­brood en wit pas­ta.

8 Bly goed ge­hi­dreer en drink ge­noeg wa­ter om jou u­ri­ne die kleur van strooi te hou.

9 Sluit me­di­um­ket­ting­vet­te by jou di­eet in, soos dié in sui­wel­pro­duk­te en klap­per­o­lie of -melk.

10 Maak ’n kop­pie groen­tee of kof­fie deel van jou daag­lik­se roe­ti­ne.

11 Be­gin na jou lyf luis­ter. Eet net wan­neer jy hon­ger is en eet sta­dig deur jou kos goed te kou. Dit ver­hoog ook jou me­ta­bo­lis­me – hoe meer werk jy doen om jou kos te be­rei en te eet, hoe meer e­ner­gie ver­brand jy.

12 B­ring tyd in die kom­buis deur. Koop on­be­rei­de, heel be­stand­de­le en doen self die be­rei­ding as dit e­nig­sins moont­lik is.

Die hoe­veel­heid spier­weef­sel het ’n groot in­vloed op me­ta­bo­lie­se tem­po

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.