WENKE

Huisgenoot Wendiëte - - Metabolisme-dieet -

Moets en moe­nies

Moe­nie eet as jy reeds ver­sa­dig is nie. Pro­beer min­stens drie e­tes per dag eet. Eet jou peu­sel­hap­pie net as jy hon­ger is. Pro­beer om min­stens 80 per­sent van die tyd by jou eet­plan te hou. Lees e­ti­ket­te en be­stand­deel­lys­te om te sien wat pre­sies in jou kos is. Drink baie vloei­stow­we en doen oe­fe­ning. Ont­hou, dit wat ons eet, is ook deel van ons so­si­a­le in­ter­ak­sie. Jou eet­ge­woon­tes moet vol­hou­baar wees – dis nie ’n kits­di­eet nie! Weeg jou een keer per week om op hoog­te te bly van jou ge­wig en mid­del­lyfom­trek. Stel re­a­lis­tie­se doel­wit­te en kry goeie re­des om daar­by te hou. Maak ’n ly­sie doel­wit­te en hou dit na­by jou.

So hou jy die ge­wig af

Hou aan om ge­son­de kos­keu­ses te maak, hou jou por­sie­groot­tes dop en pas dit ge­du­rig aan. Hou aan oe­fen. Kies oe­fe­ning waar­van jy hou en oe­fen twee of meer keer per week ’n uur lank. E­va­lu­eer jou suk­ses deur hoe jy voel, die sen­ti­me­ters wat jy ver­loor het, as­ook die ver­an­de­ring in jou ge­wig. In­dien moont­lik, kan jy jou lig­gaams­vet­per­sen­ta­sie laat be­re­ken. Jy merk dalk nie ’n ver­skil in ge­wig op nie, maar dalk ver­be­ter jou spier-vet­ver­hou­ding, wat nog be­ter vir jou ge­sond­heid is. Hou aan om on­ver­fyn­de en meer plant­ge­ba­seer­de kos­se te eet. Leer om na jou hon­ger­py­ne te luis­ter – let op wat jy eet en pro­beer af­lei­ding ty­dens e­tes ver­my.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.