KRY 30 MI­NU­TE OE­FE­NING

Huisgenoot Wendiëte - - Gesins-dieet -

VOL­WAS­SE­NES

Stap meer dik­wels. Gaan stap ’n paar mi­nu­te voor of ná werk of maak tyd om ty­dens jou mid­dag­e­te-uur te stap. Stel jou wek­ker so­dat jy el­ke uur van jou les­se­naar af kan op­staan en ’n blaas­kans van vyf mi­nu­te kan neem. Moe­nie jou kol­le­gas bel of aan hul­le e­pos stuur nie; staan lie­wer op en gaan praat met hul­le. Hou ’n oe­fen­rek­band in jou laai en doen by jou les­se­naar oe­fe­nin­ge daar­mee. Ver­ruil jou stoel vir ’n oe­fen­bal. Hou ’n paar ver­ga­de­rings ter­wyl jy staan of stap pleks van in ’n kon­fe­ren­sie­saal.

KIN­DERS

Moe­dig hul­le aan om te speel en aan s­port deel te neem. Hou ’n paar sport­toe­be­ho­re in die huis, soos kol­we, bal­le, fiet­se en skaats­plan­ke. Be­perk hul tyd voor die TV of re­ke­naar en moe­dig hul­le aan om uit te gaan. Vra hul­le om met die hond te gaan stap. Doen na­we­ke iets saam bui­te. Be­plan ’n stap­tog, gaan stap op die strand, gaan op ’n vis­vang­uit­stap­pie, roei of kam­peer ê­rens.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.