VARIASIEWENKE EN RE­SEP­TE

Huisgenoot Wendiëte - - Gesins-dieet -

Dag 2: Maak ’n vrug­te­skom­mel deur die blou­bes­sies met ’n paar ys­blok­kies te meng. Voeg ’n paar spi­na­sie­bla­re by vir skop. Dag 4: Voeg by die ha­wer­mout, jo­gurt en bes­sies 5 ml (1 t) ka­neel, 5 ml (1 t) suur­le­moen­sap en ’n hal­we ge­ras­per­de wor­tel en laat oor­nag week. Dag 8: Meng 120 g ge­blik­te tu­na en salm met gem­mer, so­ja­sous, suur­le­moen­sap of kol­jan­der. Vorm koe­kies. Dag 10: Laat die kin­ders hul eie piz­za maak met ’n pro­te­ïen-en-groen­te­bo­laag – bak teen 200 °C tot bros. Dag 11: Ma­ri­neer die hoen­der in blat­jang, so­ja­sous en suur­le­moen­sap, en voeg ’n ris­sie by as jy daar­van hou. Dag 21: Ver­vang die rol­le­tjie met ’n groot bruin sampioen en voeg so­wat drie ek­stra aar­tap­pel­wig­gies by.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.