WAT DIE KEN­NER SÊ

Huisgenoot Wendiëte - - Eet-meer-weeg-minder-dieet -

B­ri­git­te Le­cler­cq, ’n ge­re­gis­treer­de di­eet­kun­di­ge by Pa­no­ra­ma Die­ti­ci­ans, be­ant­woord jou vrae.

Moet ek ki­lo­jou­les tel?

Ja, jy moet ki­lo­jou­les tel en ak­tief wees as jy ge­wig wil ver­loor. Die mees­te vry groen­te (soos blaar­slaai, spi­na­sie, komkommer, ta­ma­tie, as­per­sies, broc­co­li, blom­kool, spruit­kool, kool, sui­ker­ert­jies, groen­bo­ne, sam­pi­oe­ne, skor­sie, vla­pam­poen­tjies, murg­pam­poen­tjies, soet­ris­sies, ra­dy­se en spriet­uie) sal jou ver­sa­dig laat voel en dit mak­li­ker maak om die ki­lo­jou­les van an­der kos­se te tel.

Jy moet self be­sluit op die e­ner­gie­digt­heid van jou maal­tyd – ’n groot bak groen­te­sop en ’n ses­de van ’n kaas­bur­ger be­vat die­self­de aan­tal ki­lo­jou­les.

Sal ek ge­noeg e­ner­gie hê?

Ja, mits jy ge­reel­de maal­tye eet. Die eet­meer­weeg­min­der­di­eet be­vat ’n oor­vloed vitamiene, mi­ne­ra­le en fi­to­voe­ding­stow­we dank­sy die groot por­sies vrug­te en groen­te. Vi­ta­mien B (wat in die mees­te vrug­te, groen­te en vol­graan voor­kom) ver­skaf e­ner­gie.

Is dit ’n ge­son­de be­na­de­ring tot ’n di­eet?

Ja, dit is. Jy ver­loor ge­wig om­dat jy ver­sa­dig voel, al het jy min­der ki­lo­jou­les in­ge­neem. Dié ge­ba­lan­seer­de di­eet is ge­skik vir die he­le ge­sin.

Om ’n ge­son­de leefstyl te hand­haaf moet jy ’n ge­son­de en ge­ba­lan­seer­de di­eet volg

waar­in jy vol­doen­de hoe­veel­he­de van al die voed­sel­groe­pe eet. Eet al­tyd ont­byt om te voor­kom dat jou e­ner­gie in die na­mid­dag af­neem en jy ge­wig aan­sit.

Doen ook ge­noeg oe­fe­ning (lig tot ma­ti­ge oe­fe­ning soos stap, hard­loop, fiets­ry, stap­roe­tes aan­durf) vir min­stens 30­60 mi­nu­te per dag. Maak se­ker jy kry ’n goeie nag­rus – 7­8 uur on­on­der­bro­ke slaap – en be­stuur jou stres.

Waar­om word geen voed­sel­groep uit­ge­sluit nie?

Geen en­ke­le soort kos kan al die voe­ding­stow­we ver­skaf wat jou lig­gaam no­dig het nie. Dis hoe­kom aan­be­veel word dat jy ’n ver­skei­den­heid kos­se van al die ver­skil­len­de voed­sel­groe­pe by jou di­eet in­sluit. As jy kool­hi­dra­te uit­ska­kel, ver­al komplekse kool­hi­dra­te soos heel­gra­ne, kan dit tot vi­ta­mien­ of mi­ne­raal­te­kor­te lei, want kool­hi­dra­te is ons groot­ste bron van komplekse B­vitamiene soos ti­a­mien, ri­bof­la­vien, ni­a­sien en vi­ta­mien B6. Kool­hi­dra­te is ook ’n goeie bron van op­los­ba­re en on­op­los­ba­re ve­sel. As jou kool­hi­draat­in­na­me te laag is, kan jy moeg en krag­te­loos voel.

Vrug­te be­vat groot hoe­veel­he­de an­ti­ok­si­dan­te wat ons lig­gaam be­skerm teen vrye ra­di­ka­le wat kan­ker ver­oor­saak.

As jy te min vet in­neem, kan dit lei tot ’n te­kort aan vet­op­los­ba­re vitamiene soos vi­ta­mien A, D, E en K wat pro­ble­me soos nag­blind­heid en bloed­klon­te kan ver­oor­saak.

Is die di­eet vol­hou­baar?

Ja, want geen kos­groep word heel­te­mal uit­ge­sny nie. Dis eint­lik ’n leefstyl. Die klem is op smaak­li­ke kos­se wat jou ver­sa­dig hou. Jy hoef nie jou guns­te­ling­kos­se te laat vaar nie – al wat jy moet doen, is net ge­son­de plaas­ver­van­gers kies. Die eet­plan is ook buig­saam en jy kan by­voor­beeld tofoe pleks van maas­kaas of ma­ka­da­mi­a­bot­ter pleks van sout­ en sui­ker­vrye grond­boon­tjie­bot­ter eet.

Wat kan ek drink en kan ek al­ko­hol in­sluit?

Mik na agt gla­se wa­ter per dag. Krui­e­tee, soos rooi­bos, ka­mil­le, wil­de­bes­sie en pe­per­ment kan vry­lik ge­drink word, want dit be­vat nie ka­f­ei­en nie en maak deel uit van jou daag­lik­se vloei­stof­in­na­me.

Ma­ti­ge hoe­veel­he­de al­ko­hol word toe­ge­laat. Maar ont­hou, al­ko­hol be­vat baie ki­lo­jou­les en stil nie jou hon­ger nie. Kies dran­kies met ’n la­er al­ko­hol­in­houd (lig) of vul jou glas met ys om jou dran­kie te ver­dun. Vroue moet mik na nie meer as een dran­kie per dag nie en mans na nie meer as twee nie. Een dran­kie is ge­lyk aan 125 ml wyn, 1 so­pie sterk drank of die helf­te van ’n ge­wo­ne bier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.