VER­SLANK ENVOELVOL

Huisgenoot Wendiëte - - Eet-meer-weeg-minder-dieet -

HET JY DIE DI­EET GE­NIET?

Ja, ek het nooit ge­voel ek word kos ont­sê nie. Die di­eet was ook nie duur­der as wat my krui­de­niers­wa­re ge­woon­lik sou kos nie. Ek het glad nie moeg of af­ge­mat ge­voel nie en dít ge­beur nog­al mak­lik as ek nie ge­noeg eet nie. Ek het ook ge­noeg e­ner­gie ge­had om te oe­fen.

WAT IS DIE NA­DE­LE?

Dit was tyd­ro­wend om die vas­ge­stel­de maal­tye te be­rei. Dit was soms ’n bie­tjie frus­tre­rend as jy lus vir ’n se­ke­re ge­reg is, maar jy iets an­ders moet eet. Die di­eet het gro­ter por­sies met ’n gro­ter tyds­ver­loop tus­sen maal­tye. Ek is ge­woond daar­aan om klei­ner por­sies en meer ge­reeld te eet.

IS DAAR GE­NOEG KEU­SES?

Ja, ek is lief vir vleis en het daar­van ge­hou dat baie van die maal­tye vleis be­vat.

IS DIT MAK­LIK OM TE VOLG?

Die kos was vul­lend en ek kon al die be­stand­de­le vind deur net twee krui­de­niers­win­kels te be­soek.

SAL JY DIT AAN­BE­VEEL?

As jy kool­hi­dra­te ge­niet, is dit die di­eet vir jou, want daar is heel­wat re­sep­te met ge­son­de, lae-GI-kool­hi­dra­te wat e­ner­gie sta­dig vry­stel. Ek het baie meer kool­hi­dra­te ge­ëet as ge­woon­lik en het steeds ge­wig ver­loor!

WAT­TER RAAD HET JY?

Moe­nie ver­plig voel om al­les te eet nie. Stel vas wat vir jou werk en hou daar­by – maar moe­nie meer eet as wat die di­eet toe­laat of maal­tye of por­sies oor­slaan en jou dan la­ter aan kos ver­gryp nie. Hou jou oog op die prys – dis ge­woon­lik die bes­te mo­ti­veer­der as jy jou in­dink hoe jy ná die di­eet sal lyk!

‘Ek is trots op my­self dat ek dit ge­trou ge­volg het en voel lig en slank!’

FOTO: PEET MOCKE. STILERING: JEANI TUTT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.