TOP­WEN­KE VIR ’N PLAT MAAG

Met dié plan kan jy van ’n seer, ge­swel­de ma­gie ont­slae raak – en van ’n vet een ook!

Huisgenoot Wendiëte - - Platmaag-dieet -

DRINK WA­TER

Drink baie wa­ter: 1 k (250 ml) vir el­ke 10 kg ge­wig. As jy dus 60 kg weeg, is dit 6 x 10 kg = 6 k (1,5 L) wa­ter. Voeg ge­rus gem­mer, suur­le­moen en komkommer by om die wa­ter te geur. Gem­mer help teen derm­ont­ste­king en ver­min­der gas­vor­ming, suur­le­moen help om suur in die lig­gaam te neu­tra­li­seer en komkommer help om wa­ter­te­rug­hou­ding te ver­min­der. Skil eg­ter die komkommer af as jy dit wil eet, want die don­ker­groen skil kan gas­vor­mend wees.

VER­MY SOUT

Be­perk on­no­di­ge sout en sout­be­vat­ten­de spe­se­rye en geur­mid­dels. Ver­my ook sout­hap­pies, want sout ver­oor­saak wa­ter­te­rug­hou­ding, wat tot op­ge­bla­sen­heid lei.

SKRYF DIT NEER

Hou dag­boek van wat jy eet so­dat jy kan vas­stel wat­ter kos jou laat op­blaas. Ver­my daar­die spe­si­fie­ke voed­sel­soort waar moont­lik – vir par­ty men­se kan dit melk wees; vir an­der dalk weer se­ke­re gra­ne. El­ke mens se lyf re­a­geer an­ders op ver­skil­len­de kos­soor­te.

SKIL GROEN­TE EN VRUG­TE

Ge­niet jou groen­te en vrug­te, maar ver­my da­de­lik dié wat on­ge­mak by jou ver­oor­saak. Dit help om dik skil­le en pit­te te ver­wy­der.

VER­MY NEUTE

Eks­pe­ri­men­teer met neute en sa­de. Dit is baie ge­sond en dis boon­op goed om dit in te sluit aan­ge­sien dit goeie bron­ne van mo­no-on­ver­sa­dig­de vet­te en mag­ne­si­um is. Wees eg­ter ook ver­sig­tig; dit kan soms die derm­wand ir­ri­teer en spas­mas ver­oor­saak.

OE­FEN MEER

Ge­reel­de oe­fe­ning is be­lang­rik; dit help met ont­span­ning. Span­ning kan ’n groot oorsaak van der­mon­ge­mak wees. Oe­fe­ning help ook met die be­we­ging van voed­sel deur die spys­ver­te­rings­ka­naal.

VER­MY STERK GEU­RE

Sterk ge­geur­de kos en spe­se­rye kan gas vorm; ver­my dit dus lie­wer as jy on­ge­mak er­vaar wan­neer jy dit eet.

EET MIN VET

Pro­beer so min moont­lik vet in­neem in die vorm van by­ge­voeg­de o­lies vir gaar­maak­doel­ein­des, vet aan vleis en hoen­der­vel­le­tjies. Jy kan wel klein hoe­veel­he­de a­vo­ka­do eet.

DIE GAS-SON­DAARS

Groen­te wat moont­lik gas kan vorm, sluit in kool, blom­kool, soet­ris­sie, uie, bo­ne en komkommer. Toets dit eers en ska­kel dit uit in­dien no­dig. Vrug­te wat gas kan vorm, sluit in si­trus, waat­le­moen en span­spek. Sluit dit wel in as jy geen on­ge­mak er­vaar nie.

DRINK SO

Be­perk kof­fie en ge­wo­ne tee tot hoog­stens 3 k (750 ml) per dag. Jy mag rooi­bos­tee drink. Be­perk al­ko­hol tot ’n mi­ni­mum. Ver­my al­le gas­koel­drank – be­hal­we dat die bor­rel­tjies gas in die derm ver­oor­saak, be­vat gas­koel­drank baie sout, wat wa­ter­te­rug­hou­ding ver­oor­saak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.