Melk(tert)kos met va­niel­je­vrug­te

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

Huis­ge­noot se Car­men sê sy was gek na Cathy se melk­kos. “Dis i­de­aal vir ie­mand met ’n sui­ker­tand Ek wou ’n min­der soet weer­ga­we maak vir die­ge­ne wat iets lig­ter ver­kies. Ek het my guns­te­ling-melk­tert­vul­sel aan­ge­pas en mie­lie­blom en vla­poei­er in my weer­ga­we ge­bruik.”

MELK(TERT)KOS MET VARS VA­NIEL­JE­VRUG­TE

Hoe­wel dié melk­kos lig­ter is, ver­leen die ei­ers ’n ryk smaak daar­aan. Elk­een kan na eie smaak ka­neel­sui­ker deur die melk­kos roer – die kor­rel­tjies sui­ker is heer­lik daar­in. Dit word voor­ge­sit saam met vars vrug­te – ’n heer­li­ke pas­maat vir melk­kos – en va­niel­je­stroop. GE­NOEG VIR 6 MEN­SE Be­rei­ding: 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 20-25 mi­nu­te

MELK­KOS

1¼ li­ter (5 k) vol­room­melk 2 s­tuk­ke pyp­ka­neel 150 ml koek­meel 50 ml (¹⁄5 k) mie­lie­blom 50 ml (¹⁄5 k) vla­poei­er 2-3 ek­stra­groot ei­ers klont­jie bot­ter 7 ml (1½ t) va­niel­je­geur­sel

VA­NIEL­JE-VRUG­TE

375 ml (1½ k) wa­ter 1 va­niel­je­peul, oop­ge­sny 45 ml (3 e) sui­ker vars vrug­te soos hand vol aar­beie, 1 per­ske, 1 nek­ta­rien en 2 gre­na­del­las, in stuk­kies ge­sny

OM VOOR TE SIT

200 ml sui­ker fyn ka­neel

CAR­MEN

heel a­man­dels, grof ge­kap, ge­rol in ka­neel

sui­ker en ef­fens ge­roos­ter (op­si­o­neel)

1 Melk­kos Ver­hit 1 li­ter van die melk met die ka­neel tot net on­der kook­punt. 2 Meng die koek­meel, mie­lie­blom en vla­poei­er saam. K­lits die ei­ers ef­fens en voeg by. Roer die o­ri­ge 250 ml (1 k) melk by en meng tot glad. 3 Voeg ’n bie­tjie van die ver­hit­te melk by die meel­pas­ta en meng tot glad. Voeg dit by die res van die melk in die ka­strol en meng tot glad. 4 Ver­hit die meng­sel en roer dit tot dit kook en ver­dik. Roer die bot­ter en geur­sel by. 5 Va­niel­je-vrug­te Kook in­tus­sen die wa­ter met die va­niel­je­peul en saad­jies en die sui­ker saam. Plaas die vrug­te in ’n bak en giet die warm stroop oor. Laat af­koel. 6 Om voor te sit Skep die melk­kos in bak­kies, strooi ka­neel­sui­ker na smaak oor en roer dit lig­gies deur. Skep van die vrug­te bo-op en sprin­kel a­man­dels bo-oor in­dien ver­kies.

Dié weer­ga­we is i­de­aal vir men­se wat nie te veel sui­ker wil eet nie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.