So lyk ’n vyf­ster-re­sep

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

HOE kies ’n mens ’n wen­ner uit drie staat­ma­ker­re­sep­te? In el­ke e­pi­so­de van die ge­wil­de kos­maak­pro­gram Jy Het ’n Wen­re­sep op Me­dia24 se ka­naal VIA be­rei drie deel­ne­mers ’n spe­si­a­le ge­reg vir Huis­ge­noot se kos­re­dak­teur, Car­men Niehaus – maar net een kan die mak­si­mum van vyf ster­re ont­vang.

Al reg­ver­di­ge ma­nier om ’n wen­ner te kies, is om te sorg dat die rig­ly­ne be­trou­baar en goed om­skryf is. So kan jy voor­kom dat jy te subjektief te werk gaan en ver­se­ker dat net die bes­te ge­reg wen.

El­ke kri­te­ri­um word deur ’n s­ter ver­teen­woor­dig. Heel regs is ’n voor­beeld van hoe die ster­re op die te­le­vi­sie­pro­gram toe­ge­ken is. In dié tyd­skrif ver­skyn die ster­re by el­ke deel­ne­mer­re­sep en word ver­dui­de­lik waar­voor dit toe­ge­ken is. Daar word ook uit­een­ge­sit waar­om el­ke wen­re­sep vyf ster­re ver­dien.

ONS KRI­TE­RIA

KORT­PAD

Ge­reg­te moet min moei­te wees en bin­ne ’n uur aan­me­kaar­ge­slaan kan word, bak-, rys- en prut­tyd uit­ge­sluit. Die re­sep­te moe­nie te veel be­stand­de­le of stap­pe in­sluit nie. Ons wil nie al ons kos­ba­re tyd in die kom­buis ver­wyl nie en die skot­tel­goed moet ook min wees!

Ons kyk na die kort­pad­me­to­des wat deel­ne­mers kies, soos om bros­kors in die voed­sel­ver­wer­ker te maak so­dat dit nie uit­ge­rol hoef te word nie.

VARS EN BE­KOS­TIG­BAAR

Ons ver­kies be­kos­tig­ba­re be­stand­de­le wat vars is. I­tems uit die koskas moet ver­kies­lik so min as moont­lik kuns­ma­ti­ge be­stand­de­le be­vat. Die be­stand­de­le moet in die mees­te su­per­mark­te te kry wees. Klaar­be­rei­de pesto of duk­kah kry reg­mer­kies as geur­ge­wers, maar sop­pak­kies en geur­poei­ers nie. Taco’s is reg, tjips nie.

LEK­KER

Die ge­reg­te moet smaak­lik en geu­rig wees. Die ge­bruik van vars kruie word aan­be­veel. Deel­ne­mers moet ook hul geur­pro­fie­le ken en weet wat­ter geu­re by­me­kaar pas. Ter­self­der­tyd word waag­hal­sig­heid ook ver­wel­kom.

VER­NU­WEND

Die re­sep­te moet oor­spronk­lik, in­no­ve­rend, vars en nuut wees, maar ook nou nie so volks­vreemd dat dit die mees­te tuis­kok­ke sal af­skrik nie.

As die re­sep boon­op veel­sy­dig is en op ver­skeie ma­nie­re aan­ge­pas kan word om nu­we weer­ga­wes te vorm, is dit ’n wen­re­sep.

GE­SOND

Daar moet’n po­ging aan­ge­wend word om die ge­reg­te ge­son­der te maak. ’n S­ter word toe­ge­ken aan kos wat ge­son­der ge­maak word deur bv. die sui­ker­in­houd van soet­goed te ver­min­der met die ge­bruik van groen­te- of vrug­te­pu­ree, of deur fi­lo­deeg pleks van skil­fer­kors in te span.

Dis ook ’n goeie i­dee om die mees­te van vleis se vet uit te braai, maal­tye met slaai voor te sit en vrug­te by na­ge­reg­te in te sluit.

SO WERK DIE STERRE (EPISODE 1)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.