Bot­ter­skor­sie-hoen­der­pas­tei

Ma­rie­tjie Jan­sen van Rens­burg

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

(KORT­PAD, VARS, LEK­KER)

Ma­rie­tjie, haar me­de­sprui­te, nig­gies en ne­fies het graag in die va­kan­sie by hul ou­ma en ou­pa op die plaas in Lim­po­po gaan kui­er, waar haar ou­ma, ook Ma­rie­tjie, hul­le be­derf het met soet­koe­kies, koek­sis­ters en ham-en-kaas­toe­brood­jies. Vir haar was daar geen gro­ter be­derf as haar ou­ma se hoen­der- en wilds­pas­tei nie. As arm stu­den­te op S­tel­len­bosch het sy en haar sus­ter na ou­ma se hoen­der­pas­tei ge­smag, maar die be­stand­de­le was net te duur. Toe be­sef hul­le hul­le kan |bot­ter­skor­sie by­voeg en dit so baie goed­ko­per maak.

GE­NOEG VIR 4 MEN­SE Be­rei­ding: 20-25 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 30 mi­nu­te Bak­tyd: 15-20 mi­nu­te

400 g hoen­der­bors­fi­let­te OF 2 groot hoen­der­bor­sies, vel en been ver­wy­der sout en swart­pe­per na smaak 5 ml (1 t) ma­ti­ge ker­rie­poei­er

5 ml (1 t) hoen­der­spe­se­rye 500 g bot­ter­skor­sie, in blok­kies ge­sny (so­wat

1 groot bot­ter­skor­sie) 2 ml (½ t) fyn ka­neel o­lie en bot­ter vir braai 1 groot ui, fyn ge­kap 1 knof­fel­hui­sie, fyn ge­druk 250 ml (1 k) room (op­si­o­neel) 1 rol (200 g) skil­fer­kors­deeg, ont­dooi 2 ml (½ t) fyn ka­neel 1 ei­er­geel

Voor­ver­hit die oond tot 190 °C. Smeer ’n oond­bak van so­wat 30 x 30 cm.

1 Sny die hoen­der in klei­ne­ri­ge blok­kies en geur na smaak met die sout en pe­per. Strooi die ker­rie­poei­er en hoen­der­spe­se­rye oor.

2 Roer tot al die hoen­der­blok­kies met die spe­se­rye be­dek is. Be­dek en plaas in die ys­kas.

3 Kook die bot­ter­skor­sie in ’n bie­tjie wa­ter tot net sag. D­rei­neer, maar hou 1 sop­le­pel (30-40 ml) van die wa­ter waar­in die bot­ter- skor­sie ge­kook het, een­kant. Geur met die ka­neel.

4 Ver­hit ’n bie­tjie o­lie en bot­ter in ’n pan en braai die ui en knof­fel tot sag en glan­send.

5 Voeg die hoen­der by en braai so­wat 15 mi­nu­te of tot die hoen­der am­per heel­te­mal gaar is. Ver­wy­der die pan van die plaat en skep die le­pel bot­ter­skor­sie­wa­ter oor.

6 Voeg die hoen­der­meng­sel by die bot­ter­skor­sie in die pot en meng son­der om die bot­ter­skor­sie te veel te druk. Voeg die room by in­dien ver­kies. 7 Sny die skil­fer­kors­deeg in twee. Rol al­bei de­le dun ge­noeg uit so­dat dit groot ge­noeg is om die boom van die oond­bak te be­dek.

8 Plaas een deel deeg on­der in die bak. 9 Skep die hoen­der­meng­sel bo-op en ver­sprei dit oor die deeg. 10 Sny die res van die deeg in re­pe van 2 cm dik en pak in ’n sig­sag-pa­troon op die vulsel. Verf met die ei­er­geel en bak 15 mi­nu­te of tot die deeg gaar en goud­bruin is. 11 Sit die pas­tei voor saam met ’n lig­te slaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.