Hoen­der-en-groen­te­ge­bak

Chris Koch

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

(KORT­PAD, VARS, LEK­KER, GE­SOND)

Chris het as boer­seun net rys, vleis en aar­tap­pels ge­ëet. Hy het ’n ruk in Lon­den ge­woon en soms was die geld skraps en moes hy eet wat daar was – dis hoe hy groen­te leer eet het. Te­rug in SA het hy een aand be­sluit om ’n ge­reg te maak met al die groen­te wat hy daar leer eet het. GE­NOEG VIR 4 MEN­SE Be­rei­ding: 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 60 mi­nu­te

ver­skei­den­heid vars groen­te soos wor­tels, uie (wit en/of rooi), soet­ris­sies, ta­ma­tie, bot­ter­skor­sie, sam­pi­oe­ne, groen­boon­tjies

en murg­pam­poen­tjies (ge­noeg vir 4 men­se) spe­se­rye soos knof­fel­vlok­kies, sout, hoen­der­spe­se­rye, roos­ma­ryn-en-o­lyf­sout en knof­fel-en-krui­e­sout na smaak 30 ml (2 e) o­lyf­o­lie 4 hoen­der­bors­fi­let­te, in blok­kies ge­sny 1 pak­kie kits­sous vir hoen­der

Voor­ver­hit die oond tot 180-190 °C. Smeer ’n groot plat oond­bak. 1 Sny die groen­te in sky­we en sprin­kel die spe­se­rye na smaak oor. Giet die o­lyf­o­lie by. 2 Skud die meng­sel so­dat al die groen­te goed met die spe­se­rye en o­lie be­dek is. 3 Pak die groen­te in die oond­bak, voeg 125 ml (½ k) wa­ter by in­dien ver­kies en be­dek. Ge­bruik tin­foe­lie as die bak nie ’n dek­sel het nie. 4 Bak 40-45 mi­nu­te. 5 Sny in­tus­sen die hoen­der­fi­let­te in blok­ke van 2 cm en geur nes die groen­te. 6 Voeg die hoen­der­stuk­ke by die groen­te wan­neer die groen­te ge­reed is. Maak die hoen­der­sous aan en giet bo-oor. Bak nog 20 mi­nu­te met of son­der die foe­lie. 7 Sit die ge­reg voor met slaai en ka­pok­aar­tap­pels of jas­myn­rys.

Meng ka­pok­aar­tap­pels met ’n klit­ser om se­ker te maak dit is lig en glad

CHRIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.