Don­ker­sjo­ko­la­de-sta­fies

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

Om­dat ’n mens nie kan op­hou eet aan dié sta­fies nie, het Huis­ge­noot se Car­men Niehaus ’n ma­nier be­dink om dit min­der soet en ryk te maak son­der om smaak in te boet.

DONKERSJOKOLADELAGIESTAFIES

Die be­skuit­jies het Car­men met mues­li ver­vang – ha­wer­mout sal ook baie goed werk. Sy het heel­wat min­der sjo­ko­la­de en dan ook net don­ker­sjo­ko­la­de ge­bruik en ook ek­stra droëvrugte en meer neu­te en sa­de by­ge­voeg.

Die kon­dens­melk kan met heu­ning ver­vang word. LE­WER SO­WAT 24 BLOK­KIES Be­rei­ding: 5 mi­nu­te Bak­tyd: 20-25 mi­nu­te

125 g ge­smel­te bot­ter 250 ml (1 k) mues­li of groot ha­wer­mout

vlok­kies 100 g don­ker­sjo­ko­la­de, in stuk­kies ge­breek 125 ml (½ k) elk droë bos­bes­sies en Turk­se

ap­pel­ko­sies, ge­kap 250 ml (1 k) ge­meng­de neu­te en sa­de 250 ml (1 k) droë klap­per 125 ml (½ k) heu­ning of ’n hal­we blik­kie

kon­dens­melk

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. Smeer ’n bak­plaat van 33 x 22 cm.

1 Giet die bot­ter in die bak­plaat en ver­sprei e­ga­lig.

2 Sprin­kel die mues­li of ha­wer­mout­vlok­kies oor. Sprin­kel die sjo­ko­la­de, bos­bes­sies, ap­pel­ko­sies, neu­te en sa­de oor.

3 Sprin­kel die droë klap­per e­we­re­dig oor en giet die heu­ning of kon­dens­melk e­ga­lig oor.

4 Bak 20-25 mi­nu­te tot goud­bruin en gaar.

5 Laat ef­fens af­koel en sny in sta­fies. Die sta­fies bly tot twee we­ke goed in ’n lug­dig­te hou­er.

Cin­dy se la­gie­sta­fies wat sy in A­me­ri­ka leer maak het, is ver­sla­wend lek­ker

CAR­MEN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.