Huisgenoot

ONDERWYSER­S KAN KINDERS KNAK

-

MY KOLLEGA se kind word siek by die skool. Sy bring hom werk toe: oulike bruinoogse­un, 12 jaar oud, dik bril, vriendelik . . . Hy is baie trots op sy skoolwerk en wys my sy storie oor ’n hondjie; woorde groot omkring met ’n kleurpotlo­od.

Die rooi paragraaf onderaan vang my oog. Daar is ’n dik rooi streep deur die werk. “Onleesbaar!”

Afrikaansj­uffrou, dit wat jy in ’n sekonde doodgetrek het, het hom ’n uur gekos om te skryf. Dit kon so anders gewees het, byvoorbeel­d: “Harde werk!”, “Trots op jou!”, “Mooi storie!” of “Hard probeer!”

Meteens onthou ek die dag: my seun in sy mooi rooi baadjie, by Pep gekoop. Dis lekker warm. Dis die skool se kleur. Die regte skoolbaadj­ie kos R400. Mamma het nie soveel geld nie. “Môre gaan jy Meneer toe!” skel sy juffrou op hom. Nou is hy 30 jaar oud, sy selfbeeld geknak. Vyftien jaar van heroïen afhanklik. Dit kon so anders gewees het.

My kollega se seuntjie kom gee my ’n drukkie. “Ek hou van jou, Tannie. Môre gaan ek hard leer.” MOEDER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa