Huisgenoot

SKOK OOR SKYNDOOD

Vriende van ’n man wat kastig verlede jaar in ’n ongeluk verkool is, kan nie glo hy word nou van miljoene se bedrog aangekla nie

- Deur JANA SMIT EN JACQUES MYBURGH

HARTSEERbe­skryfARTSE­ER beskryf niewatnie wat hulle moet deurmaak nie. So het vriende van Zak Valentine (31) verlede jaar gesê toe hul eerbare en “diep gelowige” vriend in ’ n grusame padongeluk sterf. Sy maats kon skaars voorbly om hulde aan die jong man te bring en het hom beskryf as “die beste vriend wat enigiemand kon hê”.

’n Mens kan jou net indink die trauma is vererger deurdat niemand eens ’n laaste keer Zak se aardse oorskot kon besigtig nie; in die ongeluk het sy motor so erg uitgebrand dat die ruite gesmelt het en die lyk onherkenba­ar verkool is.

Maar o wee, al die roerende huldeblyke was nog vars in die geheue toe Zak se vriende onlangs hoor die einste Zak staan springlewe­ndig in die landdrosho­f in Krugersdor­p op aanklag van miljoene rande se sebedrog bedrog. DiebDie bewering: Hy het nie in ’n vlammehel gesterf nie; inteendeel, hy het eers in ’n hotel en toe ’n Christelik­e skuiling op Magaliesbu­rg weggekruip. Wie se verkoolde lyk in die motor was, was teen ons druktyd ’n raaisel.

Maar nog ’n skok het gewag. Twee vroue is saam met Zak aangekeer weens beweerde bedrog. Cecilia Steyn (35) is die begunstigd­e van ’n lewenspoli­s van R3,57 miljoen wat Zak kort voor sy dood uitgeneem het. Die ander was niemand minder nie as Marinda Steyn (50), die ma van twee verdagtes wat in Junie in hegtenis geneem is ná ’n reeks “afspraak”moorde in Krugersdor­p.

“’n Mens weet nie wat om te glo nie,” sê Madelene Barnard (30), ’n familievri­endin van Zak. “Dit is vir ons almal ’n groot skok. Ons het gedink ons het hom finaal gegroet – en toe sien ons verlede week in die nuus hy leef nog.”

Zak, ’n makelaar wat by Absa en Dis- covery gewerk kh het t voor h hy ’ ’n fi finansiële­iël ondernemin­g begin het, is deur vriende as baie godsdienst­ig beskryf, ’n verantwoor­delike man, maar die hofstukke skets ’n ander prentjie.

Daarin word beweer Zak het in Desember 2015, nadat hy volgens vriende reeds bokveld toe is, onder die skuilnaam Jacques de Villiers geleef, kompleet met ’n vervalste ID.

Hy het glo in ’n hotel tuisgegaan en selfs in dié naam ’n selfoonkon­trak probeer sluit, maar toe sy geld eindelik opraak, moes hy in ’n Magaliesbu­rgse skuiling vir haweloses onderdak vind.

DIE laaste keer dat Krugersdor­p op mense se lippe was, was toe drie mense vroeër vanjaar na afsprake genooi en toe vermoor is. Die drie slagoffers, Anthony Scholefiel­d (64), Kevin McAlpine (29) en Hanle Lategan (52), se lyke is weke uitmekaar in Junie in Krugersdor­p gekry. Net hul selfone en bankkaarte is gebuit (Vrae en vrees ná moorde,16 Junie).

Vier verdagtes is weens dié moorde in hegtenis geneem: die suster en broer Marcel (18) en Le Roux (20) Steyn, asook Tiaan Kruger (29) en Fabian Luff (32).

En nou word Marcel en Le Roux se ma, Marinda, by Zak se beweerde bedrogspul betrek. Sy en Cecilia het albei reeds in die hof verskyn, waar hulle in kamoefleer­baadjies en met amper identiese kort geskeerde hare opgedaag het.

Volgens ’n polisiebro­n was dit naasbestaa­ndes van Marinda wat die papierwerk ingedien het vir die lewenspoli­s van R3,57 miljoen wat Zak met Cecilia as begunstigd­e uitgeneem het. Wat die verband tussen Zak en Marinda is, weet nugter, maar hy ken Cecilia al vandat hulle albei klein was.

Volgens ’n bron na aan die ondersoek het Zak al by geleenthei­d vertel die Here sê Cecilia is sy trouvrou. Cecilia en Marinda woon luidens hofstukke by dieselfde adres.

En dis ook nie waar die raaisels en grusaamhed­e rondom Zak en sy mense ophou nie. Drie jaar voor Zak se skyndood is sy vrou, Mikeila (25), in hul huis in Ruimsig aan die Wes-Rand vermoor. Haar keel is afgesny waar sy in die bed gesit het terwyl sy alleen tuis was.

Toe Zak die middag van 4 Oktober 2012 van die werk af kom, het hy op haar lyk afgekom; net haar selfoon is geroof.

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie. Mikeila was ’n oudstudent van die Rhema-Bybelskool. Sy en Zak was ’n oulike paartjie, onthou Madelene. “Hulle het so ’n bietjie teruggetro­kke geraak nadat hulle getrou het, maar dit gebeur met alle paartjies. Ek het altyd veilig gevoel wanneer ek by hulle gekuier het. Wat nou gebeur het, is vir my skokkend.”

Sy sê Zak is ’ n rustige, vriendelik­e mens. “Ons kan dit nie glo nie. Hy is ’n diep en intieme mens. Ek kan nie dink dat hy so iets sal doen nie.”

Die polisie het Zak in die skuiling gekry nadat hulle ’n wenk van die publiek opgevolg het. Volgens Glenn Hickling, hoof van Discovery se regsafdeli­ng, het hulle verdagte inligting opgemerk toe iemand aansoek doen om Zak se polis te laat uitbetaal. “Ons het dit onder die polisie se aandag gebring en ons volle samewerkin­g gegee om die verdagte vas te trek.”

Met sy inhegtenis­neming het hulle die vervalste ID waarmee hy die selfoonkon­trak wou sluit, in sy kamer gekry.

DAT Zak gelief was onder sy vriende, is duidelik. Ná sy “dood” verlede jaar het een byvoorbeel­d op sy Facebookbl­ad geskryf: “Ai Zakkie . . . Jy wat my bygestaan het in van die moeilikste tye in my lewe, my vertroueli­ng was, die beste vriend wat enigiemand moontlik voor kon gevra het . . .”

Marike Kruger (31), ’n bedryfsbes­tuurder in Midrand en vriendin van Zak, sê hy was ’n oop en eerlike mens. “Hy was baie gelowig en die ou wat altyd na sy vriende se probleme geluister het.”

Marike vertel sy en Zak was saam op skool en toe studente op die Noordwes-universite­it se Potchefstr­oom-kampus. Hy het bedryfswis­kunde-informatik­a studeer.

“Op universite­it was hy altyd die verantwoor­delike een en het seker gemaak die meisies drink nie te veel nie.

“Toe Zak en Mikeila in 2010 trou, het hy homself van sy vriende gedistansi­eer. Ons het almal daaroor gepraat.

“Niemand in ons vriendekri­ng is na sy troue genooi nie,” vertel Marike.

Ná die onlangse nuus dat Zak lewend gevind is, was sy met sy ma in verbinding. “Sy het gesê hulle was net so geskok om te hoor hy leef nog.”

Marike vertel Zak het voor sy “dood” vir mense vertel hy wil tog nie ’n begrafnis hê wanneer hy te sterwe kom nie. “Dit was vir ons almal vreemd, want hoekom sal jy op daardie ouderdom aan ’n begrafnis dink?”

Die beskuldigi­ngs van bedrog slaan haar en haar vriendekri­ng dronk. “Ek sukkel om so iets van Zak te glo. Hy sal geen vlieg kwaad aandoen nie.

“Zak was nooit geldgedrew­e nie. Toe ons studente was, het hy met ’n skedonk gery en hy was baie gelukkig met die karretjie. Iets verskrikli­k ergs moes gebeur het dat hy so iets sou doen; ek kan dit nie begryp nie.”

Zak, Cecilia en Marinda is teen Huisgenoot se druktyd in die Krugersdor­ppolisiese­lle aangehou en sou na verwagting op 2 Augustus vir ’n borgtogaan­soek in die Krugersdor­p-landdrosho­f voorkom.

‘Iets verskrikli­k ergs moes gebeur het dat hy so iets sou doen’

 ??  ?? LINKS:LINKS ZakZ k se vrou, Mikeila, is in 2012 in hul huis in Ruimsig vermoor. BO: Vriende was geskok oor sy “dood”. HOOFFOTO: Zak Valentine lewe, maar dis g’n wonderwerk nie. REGS: Marinda Steyn is ook weens bedrog in hegtenis geneem.
LINKS:LINKS ZakZ k se vrou, Mikeila, is in 2012 in hul huis in Ruimsig vermoor. BO: Vriende was geskok oor sy “dood”. HOOFFOTO: Zak Valentine lewe, maar dis g’n wonderwerk nie. REGS: Marinda Steyn is ook weens bedrog in hegtenis geneem.
 ??  ?? Van links is Anthony Scholefiel­d, Kevin McAlpine en Hanle Lategan, slagoffers van Krugersdor­p se “afspraakmo­orde”.
Van links is Anthony Scholefiel­d, Kevin McAlpine en Hanle Lategan, slagoffers van Krugersdor­p se “afspraakmo­orde”.
 ??  ?? BO en ONDER: Zak het meer as ’n jaar voor hy kwansuis verkool het, in Europa getoer.
BO en ONDER: Zak het meer as ’n jaar voor hy kwansuis verkool het, in Europa getoer.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa