Huisgenoot

HARTSGOED OM VAN TE SING!

Sy voel tevrede en vervuld, sê Riana, wie se nuwe CD aan haar passies en volwassewo­rding uiting gee

- Deur MARISA FOCKEMA

SY IS een van ons gewildste sangeresse en haar albums is elke keer ’n wegholsuks­es en ryg die pryse in. Tog praat Riana Nel nie maklik oor dit wat haar die naaste aan die hart lê nie; nog minder sal sy met foto’s van haar eersteling op sosiale media spog. Maar op haar splinternu­we album, Jy Sal Weet, sing sy oor alles waarvan haar hart vol is: die vreugde van moederskap, haar huweliksge­luk, die diepte van haar geloofserv­aring . . .

Kyk ’n mens so na haar foto op die omslag, is daar iets anders aan haar. Sy het ’n lang pad gestap vandat sy op 19 uit Namibië na Pretoria verhuis het om haar musiekdroo­m na te streef.

“Ek het meer volwasse geraak, ma geword, ouer geword en is sekerder van wie ek is,” sê Riana (34). “Ek ervaar ’n rustigheid. Ek voel tevrede en vervuld.”

Haar musiek is ook meer volwasse as voorheen, meen sy, en haar groen oë blink terwyl sy haar jongste album begin speel. Gou laat haar nagtegaals­tem die vertrek op ’n winterogge­nd warm voel.

Hier in ’n ateljee by die Coleske-broers se platemaats­kappy in Pretoria-Oos het Riana die afgelope nege maande saam met ’n n span gewerk aan dié album, wat van 292 Julie op winkelrakk­e is. In dié tyd het T Tristian, haar en haar man, Cornel deBde Beer (33), se eersteling, sy opwagting gem gemaak.

“H “Hy was drie weke oud, toe is ek wee weer terug in die ateljee,” vertel Riana. “Ditw“Dit was lekker om ’n paar uur te werk en die resre van die dag met my seuntjie te kon sp speel.”

Tris Tristian (nou 5 maande) het hier met oorfo oorfone wat die klank uithou sy mamma groot grootoog dopgehou terwyl sy aan haar liedjie liedjies werk.

“Hy is die heel beste accessory in die hele w wye wêreld – die klein lyfietjie. Ek

wil net sê: Kyk, kyk, kyk!” laat sy hoor.

Tog het die trotse ma nog nooit toegelaat dat ’n foto van haar babaseun in die media verskyn nie. Sy en Cornel het besluit om hom te beskerm tot hy self daaroor kan besluit, verduideli­k sy.

Vir haar seun het sy die liedjie Best of Me op haar nuwe album geskryf nog voor sy met hom swanger geraak het. In dié tyd het twee mense na aan haar die hartseer van ’n miskraam beleef.

“Ek het gevrees ek sal dalk nie kan swanger raak nie en lirieke hieroor geskryf,” onthou sy. Kort daarna was Tristian op pad.

“Mense sê hulle verstaan die vaderhart van God beter wanneer hulle hul seuntjie vasgehou of hul dogtertjie die eerste keer dansklas toe gevat het,” het Riana op haar troudag aan Huisgenoot gesê (Reën – en toe die son se seën, 9 Mei 2013).

“Dit is so,” bevestig sy noudat sy ’n ma is. “Al lê hy net op sy speelmat en speel, is dit vir my so oulik – sy klein voetjies en handjies. Ek kyk so na hom en dan besef ek: Dis hoe Jesus oor my voel. Hy sal enigiets vir my doen.”

Vir Tristian sing sy ma in Best of Me: I will be hoping for a love that will take my breath away / I’ll be praying you’ll be safe until you get here / and when you do, this is what I’ll say: / I’ll give you the best of me .. .’

EERS was sy enkellopen­d, toe trou sy en word ma. In elke fase het haar musiek saam met haar gegroei en nou wil Riana gehore iets tydloos gee.

Die liedjies op haar nuwe album vertel elkeen ’n storie. Die titelsnit is ’n liedjie van hoop vir mense wat nog op die liefde wag.

“Ek was 30 toe ek my man ontmoet,” vertel Riana, wat nou drie jaar met Cornel, ’ n rekenaarpr­ogrammerin­g singenieur, getrou dis .“Mense sou goed vir my sê soos: ‘Jy is te kieskeurig,’ en: ‘Die liefde is nie vir almal nie.’

“Ek het lank gewag, gebid en gehoop, want ek wou nie net met enige ou trou nie; ek wou met die regte ou trou.’’

Toe sy Cornel in 2012 by die Innibos- fees in Nelspruit ontmoet, was daar geen twyfel nie en ses maande later was hulle verloof. “Ons het net geweet.”

Op haar vorige album, Die Regte Tyd, was twee liedjies waarmee sy die hartseer verwerk het oor haar ma, Heletjé, se dood in 2012 tydens ’n rugoperasi­e.

Hierdie keer het sy ’n roerende liedjie geskryf vir haar pa, Flip Nel, van Stampriet in Namibië. Ná ’n huwelik van 45 jaar weet Riana die verlange na haar ma bly vir hom seer.

Ek Sal by Jou Staan se lirieke vertel nie net hoe sy daar is vir haar pa nie, maar ook hoe hy ’n staatmaker is vir haar, ousus Sonia (die sangeres Nianell) en hul middelsust­er, Erika. Bowenal hoe die Here met elke tree ook daar is, sê Riana.

Noudat haar man ’n pa is, kyk sy met nuwe oë na hom.

“Ek het van voor af malverlief geraak op hom, want jy sien net hierdie ander karakter uitkom: hoe hy met hom (Tristian) speel, die geluidjies wat hy vir hom maak, die liedjies wat hy vir hom sing . . . Ek kom nou agter my man ken baie meer kinderlied­jies as ek!”

Is Tristian ook musikaal? “Inteendeel; hy hou daarvan wanneer ons vals sing. Ons moet baie vals sing, want dan is dit soveel snaakser.”

Met haar sang het Riana verlede jaar twee Tempo’s, vier Ghoemas en twee Samas vir haar album Die Regte Tyd losgeslaan. Daarvan is 20 000 eenhede binne 10 dae verkoop.

Haar eerste kommersiël­e album, Die Moeite Werd, was eweneens in 2011 ’n wegholsuks­es en meer as 120 000 kopieë het van die rakke af gevlieg.

Jy Sal Weet beloof ook om ’n treffer te wees. Riana vertel sy en Laurika Rauch “moes nou die dag net maskara afvee” soos die trane gerol het toe sy vir Laurika van haar nuwe liedjies speel.

Ook die aktrise Anel Alexander het al hier in die ateljee ’n voorsmakie van Riana se nuwe album gekry en dit as “hoendervle­ismooi” beskryf.

Oor drie van die liedjies daarop het sy by topplateba­se in Nashville raad gekry toe sy Amerika verlede jaar besoek.

Like We Used To is een van hulle. “Dis vir daardie mense wat die vonk in hul huwelik verloor het en mekaar net weer moet raaksien,” sê Riana.

Die liedjie Skouers, haar vertaling van King & Country se Shoulders, beskryf sy as ’n liedjie wat mense hopelik deur swaarkry sal dra. Daarin sing sy: My hulp kom van bo en in my God sal ek glo / Want U dra my swakheid, my siekte en my gebroke hart op u skouers.

Haar album is skaars klaar, of sy is al weer aan die liedjies skryf, dié keer vir ander kunstenaar­s, soos die groep BlackByrd.

“Daar is nog ’n klomp ander goed wat ek ook wil aanpak, soos om te leer hare sny of klere maak. En ek droom nog altyd daarvan om eendag saam met Theuns Jordaan te sing.”

Sy het juis vir almal wat groot drome het die liedjie Tot die Einde geskryf. “Al voel dit onmoontlik, waag ’n kans en wys die wêreld jy sal veg tot die einde,” sê Riana.

En sy praat én sing duidelik uit ondervindi­ng.

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: RianRiana Nel is reeds weer aan die musiek skskryf nadat haar nuwe aalbumbum pas uitgereik is. REGS: Op Jy Sal Weet sing Riana ooor alles wat haar na aan die hart lê: moedemoede­rskap,skap, huweliksge­huweliksge­luk en haar geloofserv­a-geloofser ring.ring.
HOOFFOTO: RianRiana Nel is reeds weer aan die musiek skskryf nadat haar nuwe aalbumbum pas uitgereik is. REGS: Op Jy Sal Weet sing Riana ooor alles wat haar na aan die hart lê: moedemoede­rskap,skap, huweliksge­huweliksge­luk en haar geloofserv­a-geloofser ring.ring.
 ??  ??
 ??  ?? Riana se seuntjie, Tristian, het sy ma in sy beertjiepa­kkie geselskap gehou terwyl sy in die ateljee gewerk het.
Riana se seuntjie, Tristian, het sy ma in sy beertjiepa­kkie geselskap gehou terwyl sy in die ateljee gewerk het.
 ??  ?? LILINKS: Riana en hahaar pa, Flip Nel, wawat nog in haar gegeboorte­land, NaNamibië, woon. Sy het ’n roerendede liedjie op hahaar album vir hohom geskryf. O ONDER: Riana en haar ousus, So Sonia (die sange geres Nianell), by hul ma, Hele letjé, wat in 20 2012 oorlede is.
LILINKS: Riana en hahaar pa, Flip Nel, wawat nog in haar gegeboorte­land, NaNamibië, woon. Sy het ’n roerendede liedjie op hahaar album vir hohom geskryf. O ONDER: Riana en haar ousus, So Sonia (die sange geres Nianell), by hul ma, Hele letjé, wat in 20 2012 oorlede is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa