Huisgenoot

WEES OP DIE UITKYK VIR DIÉ GEVAARLIGT­E

-

Eensame mense kan sagte teikens wees vir bedrieërs, waarsku Marita Rademeyer, ’n kliniese sielkundig­e van Pretoria.

“So ’n mens val dan maklik vir die mens se vleipraatj­ies en kan later nie meer die situasie nugter ontleed nie.

“’n Gesoute manipuleer­der laat sy slagoffer eers geliefd en belangrik voel voor hy toeslaan met eise soos geld.”

Die weerlose mens wil nie die gevoel van koestering verloor nie en gee makliker toe vir finansiële eise.

Esther le Roux ,’ n sosiale media kenner van Inbound Inc. in Johannesbu­rg, waarsku ook teen blaaie op sosiale media met ooglopend min aktiwiteit­e, inskrywing­s, foto’s en vriende.

“Dit kan op ’n moontlike vals profiel dui. ’n Blad wat onlangs geopen is met geen inskrywing­s in die tydlyn nie, moet die gevaarligt­e onmiddelli­k laat flikker.” Nog wenke: Pasop vir mense wat baie spog oor goed soos ’n belangrike beroep en al hul reiservari­ngs.

Wees bedag op sosiaal onaanvaarb­are gedrag soos ’n liefdesver­klaring of huweliksaa­nsoek binne dae.

Moenie val vir hartseer stories soos ’n kind of ouer wat aan ’n ongeneesli­ke siekte ly nie.

Loop lig vir beloftes van duur geskenke soos juweliersw­are of eiendom.

Bly liefs weg van vriendskap­pe met vreemdelin­ge wat voorgee hulle woon in ’n ander land.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa