Huisgenoot

LEWE GAAN VOORT IN DAYS

Lees wat als in die sepie gebeur nadat dit in SA geëindig het

- Saamgestel deur ALMARI WESSELS

MENS het die ikoniese beeld van die malende uurglas teen die goddel ike blou agtergrond al so goed geken. Sedert die 1990’s was dit Maandag tot Vrydag teen 17:00 ’n teken dat Suid-Afrikaanse gesinne hul plek voor die kassie moet inneem voor een van hul gunsteling­sepies begin.

Dan het ’n stem dramaties aangekondi­g: “Like sands through the hourglass, so are the days of our lives.”

Maar Days of Our Lives se uurglas het pas op ons TV-skerms leeggeloop nadat die SAUKbestuu­r die mes onder oorsese programme ingelê en ook hierdie gewilde sepie in die slag gebly het. Suid- Afrikaanse aanhangers moes noodgedwon­ge Salem se mense met hul melodramat­iese wel en wee vaarwel toeroep.

Days se lig is vir eers in Suid-Afrika gedoof, want teen druktyd het geen van die ander TV-kanale al laat blyk dat hulle die sepie wil uitsaai nie. Intussen leef die Hortons, Bradys en DiMeras voort in Amerika, waar die storie ons s’n sowat drie jaar voor is.

Jy voel dalk afgeskeep omdat jou gunsteling­karakters se stories hier so stomp afgesny is, maar Huisgenoot het gaan kyk watter rampe, romanses en rillers in die toekoms op hulle wag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa