Huisgenoot

HAYDN HERT, WAT ’N L-L-LYF!

-

HY IS die gholfspele­r oor wie almal deesdae praat, en nie net oor sy goeie dryfhoue en uitstekend­e tellings nie. As daar na dese ’n groot toename is in die aantal bewonderaa­rs wat hom van die een putjie na die volgende volg, kan jy maar weet: Dis heel waarskynli­k danksy daardie foto.

Die 22-jarige Haydn Porteous het sowat twee weke gelede fynproewer­s van die spel laat regop sit toe hy ’n barshou in die Britse Ope speel en ’n ruk lank selfs die voorloper in die toernooi was. Dit nogal nadat hy in Januarie sy heel eerste gholftoern­ooi, die Johannesbu­rgse Ope, gewen het.

Maar hy het onlangs ook ’n wenhou van ’n ander soort geslaan deur kaalbas vir die Britse koerant The Times te poseer. En die fynproewer­s beaam: Daardie sexy lyf is net so vaartbelyn soos sy spel.

Goed gespeel in die ruveld, kan ’n mens maar sê.

“Dit was pret,” sê Haydn in sy ouerhuis in Midrand oor daardie fotosessie. “Maar my vriende het my omtrent uitmekaarg­etrek! Een het daarna by die Britse Ope vir my gesê dis lekker om my weer met my klere aan te sien. Nog een het laat weet ek het hom in sy oggendkoff­ie laat stik. Dis maar wat vriende doen.”

Oor sy vertoning op die baan by die Britse Ope is hy veel meer opgewonde. Voor dié gesogte stryd het hy ’n strawwe 10 weke deurgemaak: 12 toernooie in agt lande. “Ek het in daardie tyd gesukkel. Ek het te tegnies gespeel. Ek het hard gewerk, maar sonder ’n plan.”

Tog is gholf ’n spel wat vinnig kan verander. Hy onthou die oomblik toe hy ná die negende putjie by die Britse Ope opkyk na die telbord en sien hy loop voor. “Dit was ’n skok. Met die eerste paar putjies was ek so senuweeagt­ig, my hande het skoon lam gevoel.

“Om in die Britse Ope te kon speel was die hoogtepunt van my loopbaan tot dusver.”

Van hoogtepunt­e gepraat – terug na daardie foto. Sal hy sonder sy hemp vir ons poseer? Nee, antwoord hy; dit sal hom te ongemaklik laat voel.

Sy ma, Belinda (54), het ’n oplossing. Sy wys ons ’n foto van hom op haar selfoon. Ja, dit kan ons gebruik, stem hy in. Hy het nou wel nie ’n hemp aan op die foto nie, maar dis darem net sy kop en kaal skouers wat ’n mens kan sien. Deur

HY HET langs die gholfbaan grootgewor­d, vertel Haydn terwyl sy ma wortelkoek voorsit. Sy pa, David (52), was ’n geesdrifti­ge lid van die Modderfont­ein-gholfklub, oos van Johannesbu­rg. En hy het sommer gou self ’n gholfstok opgetel en as’t ware nooit weer neergesit nie.

As tiener was hy ’n uithaler-sportman en het gholf, sokker en tennis op provinsial­e vlak gespeel. Maar eindelik het hy hom op gholf toegespits. Hoekom?

Omdat ’n mens jou eie lot bepaal. “As jy al die werk insit, put jy al die voordele daaruit.”

Hy speel die afgelope drie jaar beroepsgho­lf, maar het eers werklik naam gemaak toe hy vroeër vanjaar die Johannesbu­rgse Ope wen. Sonder sy ouers se steun sou hy nooit so ver gevorderer het nie, vertel hy. Belinda (54) voeg eg by: “Haydn is met ’n talent geseën, n, maar harde werk en dissipline is s ook nodig.”

En die harde werk werp beslis vrugte af vir Haydn. Verlede seisoen het hy amper R1,3 miljoen uit gholf verdien. “Ek het vanjaar nog net ’n halwe seisoen gespeel en n reeds €340 000 (sowat R5,44 miljoen) en) verdien.”

Haydn glo in uitdagende maar realiseali­stiese mikpunte. Sy volgende is omm die wêreld se top-50 te haal en in die Amerimerik­aanse Meesters te speel. “Sodra ek dit bereik, sal ek my volgende mikpunt t kies. Dis maklik om sommer te sê jy wil die topgholfsp­eler ter wêreld wees, maar haal jy dit nie, is dit nie goed vir ir jou

 ??  ?? REGS: Die kaalbasfot­o van Haydn Porteous wat onlangs in die Britse koerant The Times verskyn het. JANA SMIT
REGS: Die kaalbasfot­o van Haydn Porteous wat onlangs in die Britse koerant The Times verskyn het. JANA SMIT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa