Huisgenoot

BEET-QUICHE

- 1 2 3 4 5 6

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 30 min. Bak: 25-30 min. 4 velle filodeeg, elk gesmeer met gesmelte botter en op mekaar gepak VULSEL sowat 6 rou bete of 420 g ingemaakte beetslaai olie sout en vars gemaalde

peper 1 rooi-ui, gekap 1 knoffelhui­sie,

fyngedruk 400 g baba-spinasie 2 wiele fetakaas 250 ml (1 k) room 2 eiers Voorverhit die oond tot 180 °C.

Voer ’n langwerpig­e losboom-tertpan van 33 x 11 cm uit met die filodeeg.

Plaas die bete in ’n oondpan, smeer elkeen in met olie, geur met sout en bak 30 min. tot sag. Skil af en sny in dun skyfies. (As ingemaakte beet gebruik word, dreineer goed.)

Braai die ui en knoffel in ’n bietjie olie tot sag. Voeg die spina-

Vulsel

sie by en verhit tot verwelk. Laat effens afkoel.

Skep die spinasieme­ngsel in die bereide tertpan, rangskik die beetskyfie­s boop en sprinkel die fetakaas oor.

Klits die room en eiers saam, geur met die sout en vars gemaalde peper en giet in die tertkors.

Bak 25-30 min. of tot die vulsel gestol en die filodeeg ’n ligte goudbruin is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa