Huisgenoot

JUWELIERSW­ARE

-

Nes ’n hoë halslyn laat ’n halssnoer ’n kort nek selfs korter lyk. Eintlik lyk net mense met ’n lang nek goed met ’n halssnoer aan. As jy jou nek en bolyf effens langer wil laat vertoon, is ’n lang string krale of ’n hangertjie ideaal.

Meer as een ring per hand sal die aandag op kort vingers vestig, en ’n breë band laat kort vingers nog korter vertoon. Dra dus net een dunner ring per hand. As jy jou naels langer kan dra, sal dit ook baie help om jou hande slanker en langer te laat voorkom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa