Huisgenoot

PA SE KRITIEK MAAK SEER

-

Nadat ek verlede jaar met skool klaargemaa­k het, het ek twee weke lank as kassier gewerk, maar die werk om persoonlik­e redes gelos. My pa bly aanmerking­s maak dat ander kinders op universite­it is. Hy spog ook met hoe goed sy susterskin­ders vaar en sê hoe trots hy is op my oudste sussie, wat haar eie ondernemin­g het. Ons het nie geld vir my vir tersiêre opleiding nie; daarom verstaan ek nie hoekom hy so karring nie. Ek kon hom nog nooit trots maak nie. Ek is nie meer lus om met die lewe aan te gaan nie. Wanneer sal my pa my kan waardeer?

SS op WCT

Jy is nie ’n slegte mens omdat jy vir jou pa kwaad is nie. Hy tree onregverdi­g en liefdeloos op. Om dit te oorkom, sal jy moet ophou om sy goedkeurin­g te soek.

Jy het opsies, al voel dit nie so nie. Die beste sal wees as jy uit jou ouerhuis kan trek, maar dit is dalk nie nou moontlik nie; daarom moet jy emosioneel van hom skei. Jy sal jou minder aan sy fisieke en emosionele teenwoordi­gheid moet blootstel en ander mense by jou lewe innooi wat jou na waarde kan skat. Is jy dalk by ’n jeuggroep by jou kerk betrokke?

Jy moet ook so gou moontlik weer ’n werk kry sodat jy onafhankli­k kan wees. Moenie te kieskeurig wees nie en byt vas; dis eers net ’n middel tot ’n doel. Laat die geld in jou beursie harder met jou praat as jou pa se stem in jou kop.

As julle op skool ’n skoolsielk­undige gehad het, vra by hom of haar inligting oor aanlyn opsies vir verdere opleiding, aandklasse en banke se studentele­nings. Moenie jou blind staar teen universite­itsopleidi­ng of jou pa se keuses vir jou nie; kies ’n veld waarin jy reeds iets bereik het om selfvertro­ue op te bou.

Moet ook nie toelaat dat jou soeke na jou pa se goedkeurin­g jou jongmensle­we steel nie. En moenie in hierdie stadium enige ernstige verhouding­s met mans aanknoop nie. Enkelma’s wat vriendskap­pe aanknoop waarby hulle hul kinders kan insluit, het ’n groter kans om uit te kom en ander mense te ontmoet as enkelma’s wat net ’n romantiese afspraak soek.

As jy by ’n vriendekri­ng, sportgroep of selfs selgroep by die kerk aansluit, gaan jy dalk iemand raakloop wat jou belangstel­lings deel. Soek ’n maat wat uit die staanspoor begrip het vir jou posisie as enkelma, eerder as iemand wat jou net op ’n romantiese afspraak wil neem.

Goeie vriendskap­pe is vir ’n enkelma meer werd as ’n dagboek vol afsprake vir Saterdagaa­nde. Onthou die voorbeeld wat jy nou stel, sal jou dogter se gedrag in haar tienerjare beïnvloed.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa