Huisgenoot

NUUT IN DIE FLIEKS / NOBODY’S DIED LAUGHING

-

THE PARLOTONES Meer as ’n dekade ná die uitreiking van hul eerste album en talle Samas het dié Suid-Afrikaanse groep pas ’n album propvol oorskietli­edjies uitgereik. Hulle het al dié musiek opgeneem terwyl hulle aan hul agtste album, Antiques & Artefacts, gewerk het. Op snitte soos Halfway Down en Ticket to the World klink hul kenmerkend­e klank op en jy kan jou dansskoene vir My Midnight Life afstof. Kunstenaar­s soos Lost & Found en Das Kapital se stemme word ook op dié album met sy 12 snitte gehoor. Aanhangers van The Parlotones sal die album geniet, maar dis ook heel verstaanba­ar waarom hierdie snitte voorheen uitgeval het. Dis beslis nie die groep se beste werk nie. – TARRYN JOSEPHS Dokumentêr. Met Pieter-Dirk Uys. Regisseur: Willem Oelofsen. 7OT. Begin op 26 Julie. Dié dokumentêr handel oor Suid-Afrika se geliefde satirikus, dramaturg, regisseur en skrywer Pieter-Dirk Uys. Bekendes en vriende praat kaalkop oor hoe hulle Evita Bezuidenho­ut se skepper beskou.

Lesers wat iets meer soek as net skiet, skop en doodbloei, bomme wat ontplof en aksiejaagt­ogte, sal hiervan hou. Dis nie aldag dat ’n dokkie geresensee­r word nie, maar wanneer dit so vernuftig aanmekaarg­esit en met soveel deernis en eerlikheid gemaak is, moet voornemend­e gehore kennis neem.

Jy dink dalk aan ’n dokumentêr as vervelige pratende koppe met grepe uit toesprake en openbare optredes. Maar Willem Oelofsen en sy mederegiss­eur, Geoffrey Butler, wat ook die flink redigering gedoen het, plaas jou in die slim kop van ’n man bekend vir sy privaathei­d, maar wat deur middel van sy uitbeeldin­g van mense briljante politieke en maatskapli­ke kommentaar lewer en ons opnuut deur nuwe, hoopvolle oë na ’n deurmekaar land laat kyk. Die dag dat ons ophou om vir onsself te lag, kan ’n mens maar die tuig neerlê. En op 70 is Pieter-Dirk in die fleur van sy lewe en op die kruin van sy loopbaan.

Charlize Theron, Lizz Meiring en selfs Sophia Loren onthou hom as ’n dapper talent wat nie skroom om ’n ding by die naam te noem nie en die grense van satire astrant verskuif, maar ook weet wat sy publiek kan hanteer. Hy slag heilige koeie vir hamburgers. Jy sal nie vir ’n oomblik verveeld wees nie. Skating on Thin Uys. Een van Pieter-Dirk se eerste toneelstuk­ke, Selle Ou Storie, is in die Space-teater in Kaapstad opgevoer en feitlik onmiddelli­k verbied. – LEON VAN NIEROP

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa