Huisgenoot

MAKING IT UP AS I GO ALONG

-

Deur Marian Keyes (Penguin, R264*) Marian Keyes laat my altyd lag – of dit haar boeke, blogs of twiets is, sy is altyd skreeusnaa­ks en in die kol met haar kommentaar. Haar jongste boek is ’n keur van haar rubrieke, artikels en blogs; ideaal vir ’n ontspannen­de leeservari­ng. Maar baie soos haar boeke wat altyd ’n donker ondertoon het, wys haar depressie hier ook. (Sy neem wel “anti-mal”-tablette, soos sy haar antidepres­sante noem en sy is eerlik oor hoe die medikasie haar laat voel.)

Die boek is volgens onderwerpe ingedeel en wissel van haar siening oor gesondheid en skoonheid (sy is effens obsessief oor vals wimpers) tot dit wat sy liefhet (herfs, want die somer is “too bright and glarey”) en haar familie. Een van die beste afdelings gaan oor haar reise – ek moes dit plek-plek hardop vir my man lees. As Keyes ooit besluit om weg te beweeg van haar gebruiklik­e “chicklit”, hoop ek sy word ’n reisskrywe­r. – NATALIE CAVERNELIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa