Huisgenoot

DIE OLIMPIESE NOMMERS

-

Die eerste 12 antieke Speles het net een atletiekno­mmer gehad: ’n kortafstan­dresies, die stadionnae­lloop, wat oor die lengte van die stadion gestrek het (192 m). Omdat daar net een atletiekno­mmer was, het die eerste Spele net op een dag plaasgevin­d. Namate die getal nommers meer geword het, het dit later oor vier dae plaasgevin­d.

Baie van die nommers wat vandag nog op die Olimpiese Spele beoefen word, het hul oorsprong in die antieke Spele. Die vyfkamp, wat uit stoei, boks, spiesgooi, diskus en verspring bestaan, is ’ n voorbeeld hiervan.

Daar was ook verskillen­de hardloopno­mmers. Benewens die stadionnae­lloop, was d daar die diaulos, wat

twe twee lengtes van die sta- dion (384 m) ver was, en die dolichos, wat sowat 20 lengtes van die stadion was. In ’n vierde resies moes atlete in hul volle oorlogsmon­dering tussen twee en vier lengtes van die stadion hardloop om hul stamina te wys vir as ’n oorlog dalk sou uitbreek.

 ??  ?? Nike, die Griekse godin van oorwinning, word op die medaljes van die moderne Olimpiese Spele uitgebeeld.
Nike, die Griekse godin van oorwinning, word op die medaljes van die moderne Olimpiese Spele uitgebeeld.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa