Huisgenoot

TELEBEMARK­ERS DOEN NET HUL WERK

-

Ek is ook een van die geïrriteer­de mense wat die foon summier in telebemark­ers se oor dooddruk. Maar vanoggend het ek so ’n bietjie nagedink nadat ek ’n brief daaroor in Huisgenoot gelees het (Briewe, 30 Junie).

Ek het besef dié irriterend­e mense probeer, nes ek en jy, ook maar ’n bestaan voer. Hulle sorg vir hulself en hul gesin deur ’n werk te doen wat dalk vir jou en my irriterend is, maar moontlik hul enigste inkomstebr­on is. Hul gesin het kos en klere nodig en maak op hulle staat.

Met die gejaag in ons hedendaags­e lewe het ons tyd vir niks, ook nie vir ander nie. Ons gaan sit nie stil en dink ’n bietjie verder as wat ons neus lank is nie.

Kom ons maak dit in die komende week ’n uitdaging om met almal – ook telebemark­ers – vriendelik te wees en net ’n minuut of twee aan hulle af te staan.

Ek kan net dink hoe dit voel wanneer ek my werk na die beste van my vermoë probeer doen en almal druk die foon in my oor dood, vloek my of iets dergeliks. Daardie bietjie tyd gaan jou nie armer maak nie; inteendeel, jy kan iemand dalk help om kos op die tafel te sit. MADELEIN BADENHORST

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa