Huisgenoot

LIGGING, LIGGING, LIGGING

-

Jacques lys van die faktore wat jy in ag moet neem wanneer jy ’n eiendom kies: die naburige eiendomme (as daar oop erwe is, kom daar dalk ’n lelike verrassing); nabygeleë geriewe soos skole, mediese sorg en winkelsent­rums; en hoe die vervoerste­lsel daar rond lyk (maklike toegang tot hoofroetes, lae geraasvlak­ke, verkeer nie te druk nie, goeie openbare vervoer?).

Kyk ook goed na hoe eiendomswa­ardes in die omgewing toe- of afgeneem het om ’n idee te kry van wat vorentoe kan gebeur, sê Albertus. Oorweeg die algemene veiligheid en misdaadvla­kke.

As jy bang is vir wat in die toekoms rondom jou gebou kan word, kan jy dit oorweeg om in ’n gevestigde buurt te koop waar jy reeds kan sien wat om jou is, sê Nico Swart, Unisa-lektor en skrywer van boeke oor persoonlik­e geldsake.

Dit is steeds beter om ’n kleiner plek te koop wat goed geleë is as ’n groot huis met ’n swak ligging.

Koop ook liewer in ’n buurt waar almal hul eiendom onderhou, trots is op hul omgewing en ’n ogie daaroor hou, en bedagsaam is teenoor ander, is Nico se raad. g d

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa