Huisgenoot

HIERVOOR HOEF JY NIE JAMMER TE SÊ NIE

-

Jou gevoelens

Jy kan nie help dat jy kwaad, seergemaak of hartseer voel nie. Moenie verskoning vra vir jou trane of ongelukkig­heid nie. Dit beteken natuurlik nie jy kan sommer ’n woedeuitba­rsting hê wanneer jy boos is nie. Sodra jy verkeerd begin optree, sal jy wel verskoning moet vra.

As ander mense onredelik kwaad of ongelukkig is, hoef jy nie verskoning te vra nie. Jy kan mos nie hul gevoelens beheer nie.

Ander se gevoelens As jy hulp of inligting vra

“Jammer, ek het ’n vraag . . .” “Jammer, maar kan u my sê waar is die . . .” Begin jy ooit sinne so? Hoekom? Jy het mos niks gedoen om oor jammer te wees nie. Maak jou rug reguit en vra mooi: “Kan u asseblief vir my sê . . .”

As iets beters as jammer nodig is

Soms het jy wel iemand te na gekom. Dan is jammer sê ’n goeie idee. Maar dis selfs belangrike­r om die fout met daadwerkli­ke optrede reg te stel pleks van net jammer te sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa