TE SUINIG VIR LIEFDESBLYKE
Ek is ’n paar maande gelede met my tweede man getroud. Wanneer ons by sy familie is, behandel hy my soos ’n melaatse.
Ek het destyds as weduwee my werk verloor toe ons verhuis en het my seun op ’n klein pensioen grootgemaak. Ek het geld vir niks. My man koop niks moois soos klere vir my nie en is beledigend wanneer ek iets soos sjokolade vra. Het ek ’n probleem?
GF op KL