Huisgenoot

GOEIE EN SLEGTE NUUS

-

Die lang passasiers­trein, getrek deur twee dieselloko­motiewe, was op pad deur die Karoo. Iewers langs die pad gee die een lokomotief die gees.

Die masjinis besluit hy kan voortry met net een lokomotief.

Maar ’n paar uur later breek die ander een ook en daar gaan staan die trein tussen êrens en nêrens.

Toe kondig die masjinis aan: “Ek het slegte nuus en goeie nuus: Die slegte nuus is dat albei lokomotiew­e gedaan is en dat ons ’n hele paar uur hier moet wag. Die goeie nuus is: Julle moet bly wees julle het nie gevlieg nie.” HESTER, NAMIBIË

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa