Huisgenoot

DIE OLIMPIESE LEUSE

-

2008-Spele in Beijing, China

Die Jamaikaans­e naelloper Usain Bolt het in 2008 nie net die goue medalje in die 100 m en 200 m gewen nie; hy het ook in albei nommers ’n wêreldreko­rd opgestel. Dit was die eerste keer dat albei dié rekords by een Spele verbeter word. Mense was verstom om te sien dat hy die 100 m in 9.69 sek. afgelê het, selfs nadat hy teen die einde van die wedloop stadiger begin hardloop het om sy oorwinning te vier. Usain en sy drie spanmaats het toe nog die 4 x 100 m-aflos ook gewen. Vier jaar later, by die Spele in Londen, het hy dit weer gedoen – drie goue medaljes. Die leuse van die Spele is Citius, Altius, Fortius – Latynse woorde wat “vinniger, hoër, sterker” beteken. Die leuse is in 1894 met die stigting van die Internasio­nale Olimpiese Komitee in gebruik geneem. Die doel daarvan is om die deelnemers aan te spoor.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa