Huisgenoot

BOURNE EN DIE NUWE VYAND

MattM Damon is ná nege jaar terug in die gewildeg rolprentre­eks – en dié keer is sy visier op krakers en inligtingu­itlekkers

- Saamgestel deur LINDSAY DE FREITAS

WANNEER hy agter die stuur is en daar is ’n verkeerskn­oop in sy pad, trap hy die versneller en ploeg deur die ander motors sodat ’ n mens net vonke sien spat. Hy swaai aan toue, hang by vensters uit om sy teenstande­rs te skiet en slaan ’n groot bullebak met een hou van sy kaal vuis plat.

Dis soos James Bond, Rambo en Knight Rider in een. Nadat ’n mens net ’n halfuur van die nuutste Jason Bournerolp­rent (net genoem Jason Bourne) gekyk het, is ’n mens sommer pootuit.

Jy kanka skaars glo dis al amper 10 jaar se sedert Matt Damon (45) op die silwer silwerdoek was vir sy bekendste rol. Met The Bourne Ultimatum, die laaste keer datda hy die supersluip­moordenaar met g geheueverl­ies gespeel het, het hy R8 biljoenbil­jo laat inrol. Dit was die kruin van een van die wêreld se suksesvols­te rolpren rolprentre­ekse.

Maar virMavir Matt was dit destyds ook die einde. Nadat hy in sy drie rolprente vyande te voet oor die dakke van Marokko gejaag het, met klein motortjies deur die strate van Moskou agternages­it het en eindelik in die wolkekrabb­ers van New York uitoorlê het, was dit vir hom vir eers genoeg.

“Ons het die perd gery so ver ons kon,” het hy destyds gesê. “Ek voel nogal die storie wat ons wou vertel, is nou vertel.”

Maar nou blyk dit Matt en Paul Greengrass, regisseur van die tweede, derde en nou die jongste Bourne-rolprent, het tog nog storie in hulle. Waarom die wagtyd van nege jaar? “Dit was ’n geval van wag dat die wêreld ’n bietjie verander,” sê Matt. “Bourne bevind hom in hierdie nuwe wêreld van kuberoorlo­ë.”

In die nuwe fliek is dit 10 jaar vandat Bourne aan die einde van The Bourne Ultimatum van die dak van ’n New Yorkse wolkekrabb­er afgespring en nooit weer gesien is nie.

Nou duik hy weer op saam met Nicky Parsons ( Julia Stiles), die CIA-agent wat hom in van die vorige rolprente bygestaan het. Tommy Lee Jones speel dié keer die CIA-grootkop wat hulle probeer vastrek.

In die nuwe wêreld baklei Bourne teen Edward Snowden-agtige kuberkrake­rs en inligtingu­itlekkers pleks van swaar lummels. Maar dit het Paul nie gekeer om Matt in elk geval te laat spiere bou nie.

Hy het in die aanloop tot die verfilming twee keer per dag geoefen en ’n baie spesifieke eetplan gevolg. “Ek was 29 toe ek die rolprente begin maak en is nou 45. Dit was dus baie anders.” Y ERKEN hy het ’n sagte plekkie vir Jason Bourne, want sy loopbaan was op ’n afdraande pad toe hy vir die eerste keer ’n Bourne-fliek maak.

Hy en sy jeugvriend Ben

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa