Huisgenoot

VRIENDSKAP IN DIE STRYD GESMEE

- St te tut i m seu Gre “em E oue LeesL meer oor Edwin op bl. 52. e n ing n grond kundige e eindige

Stian Bam (links) en Edwin van der Walt in ’n toneel uit My Father’s War. STIAN

HulleHu ul sal nie huiwer om saam oorlog toe te gaanan nie, vertel die akteurs (39) en (25). Hulle lle was immers ’n goeie span op die stel van die nuwe plaaslike Grensoorlo­gfliek, My Father’s War, wat op 5 Augustus uitgereik is. “Stian is ’n man met baie integritei­t,” sê Edwin. “Ons het soveel begrip vir mekaar se sienings. Ek vertrou hom met my lewe.” Op die stel het Edwin twee hoogtepunt­e beleef: om die eerste keer in ’n helikopter te vlieg en om teenoor Stian te speel. In die fliek word die onstuimige verhouding tussen die voormalige recce-soldaat Dawid Smit (Stian) en sy rebelse tienerseun, Dap (Edwin), uitgebeeld teen die agtergrond van die Grensoorlo­g van die 1980’s. “Die gevolge van die Grensoorlo­g, op ’n sielkundig­e en emosionele vlak, lê wyd en diep,” sê Stian. Die rolprent gaan vir hom oor genade, vergifnis en begrip. Edwin sê die fliek het hom nuwe insig gegee in die redes vir die oorlog, die uitwerking daarvan, die oneindige liefde van ouers en oor hoe om dapper te leef.

BAMBA A EDWIN VAN DER WALT Erica Wessels vertolk die rol van Karina Smit, Dawid se vrou en Dap se ma.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa